Niemand is imuun teen fop nuus

Niemand is imuun teen fop nuus

Niemand is imuun teen fop nuus nie. Blykbaar ook nie ek nie. Dis ‘n ramp vir my wat daarop roem dat ek fop nuus verpes en dit redelik goed van regte nuus kan onderskei. Fop nuus is een van die grootste euwels in hierdie digitale, tegniese wêreld waarin ons lewe. Dit is orals, op sosiale media, koerante en tydskrifte en ook in ons huise soos ek hierdie week tot my skok ontdek het.

Kuier en gesels lei tot ‘n openbaring

In hierdie week – Maandag om presies te wees kry ek ‘n kuiergas. Ek maak vir ons lekker koffie en ons gesels oor dinge wat saak maak. Die gesprek draai na die oorlog wat tans in die Oekraine woed. Terwyl ons gesels deel ek my simpatie met die mense van die Oekraine en ek kom agter dat my kuiergas nie my sentimente deel nie.

Niemand is imuun teen fop nuus nie

Die bom bars – figuurlik gesproke. My kuiergas vertel in geen onduidelike taal dat sy nie tyd het vir die President van Oekraine nie. Dis nou President Zelenski. “Hoe dan so?” vra ek. “Hy is ‘n verskriklike man wat verantwoordelik is dat meer as 300 000 van sy land se mense gesterf het” lig my kuiergas my in. “Waar kom jy daar aan?” vra ek verward. “Gaan kyk die dokumenter op Netflix Beirut blast the explosion” Beirut is nie in die Oekraine nie. “Dit is aan die bokant van die Oekraine“ bevestig my kuiergas. My hele gesig is in ‘n vraag getrek. “Waar op aarde kom jy daaraan? Vra ek steeds verward. “Dit wys so op die kaart” bevestig my kuiergas en terstond gryp sy haar foon om aan my te bewys dat Beirut deel van Oekraine is.

Kaartwerk is nie haar sterk punt nie

Saam sit ons op die bank terwyl die kuiergas driftig deur die digitale kaart gaan. “Kyk hier wys dit”. Sy druk op Belarus. Dit is nie dieselfde plek as Beirut nie. Beirut is in Lebanon en die ontploffing was nie in die Oekraine nie. “Maar ek het dan gedink daar staan Beirut. Kaartwerk was nog nooit haar sterk punt nie. Haar houding verander

En die lig gaan aan

“Ek kan nie glo ek was so stupid nie” “Jy was nog nooit goed met kaartwerk nie” lewer ek kommentaar. Sy voel duidelik sleg en ek kon uit haar praat agterkom dat sy dit reeds vir ander vertel het.

So word fop nuus gebore en versprei

My kuiergas voel sleg en het berou oor haar aandeel aan die fop nuus epidemie. Ek kan nie help om te wonder hoeveel mense die verkeerde storie gehoor, geglo en ook oorvertel het nie.

Leave a comment - Please no racism, hate speech or explicit language. Thank you

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.