Naguil koerant uitgawe 8 van 2022

Naguil koerant uitgawe 8 van 2022

Naguil koerant uitgawe 8 van 2022 is hier.

Die Naguil is ‘n aanlyn koerant wat weekliks op Amandaskrywer gepubliseer word met Bertie die Naguil as gasheer . Die koerant laat jou weet van stories oor mense en boeke. Reageer op die blou skakel in die storie en dit sal jou neem na die oorspronklike.

Bertie aan die beurt

Goeie dag mense maats groot en klein. Hoop dit gaan goed met almal. Stap saam met my deur die boekewoud en ontdek nuwe leesstof.

Skrywers en Boeke

  • Amanda lees tans Yellow and Confused die biografie van n jong Asiese vrou wat in Suid Afrika groot geword het.
  • Alta Straus het n digbundel Net ek uitgebring wat sy self gepubliseer het. Dit bevat gedigte diep uit die hart van hierdie jongmens.

Stories oor plekke en sy mense

  • Het julle n publieke Botaniese tuin in julle omgewing? N Wandeling in die tuine is net wat nodig is om jou siel te verkwik. Julle mag selfs vir Bertie daar raak loop.
  • Daar is ‘n man in Israel wat ekstra groot aarbeie kweek. Kyk net so ‘n kampioen.
  • Hou julle ook van Country musiek? Moet dan nie vergeet van Countryklanke elke Saterdagaand om 22.00 op RSG.
  • Die modes van jare gelede is nie altyd iets om oor nostalgies te raak nie. Hier is n hele klomp foto’s van troues waaroor ons lekker kan lag alhoewel dit seker vir daardie jare hoog mode was.

Engelse stories

Hierdie week se Engelse storie op ons suster webblad Let’s make teais getitteld Make a quick buck or not. Met hierdie artikel neem Amanda julle agter die skerms van webtuistes waar sy al ‘n bietjie geld verdien het en gee haar 2 sent se raad en opinie.

Stof tot nadenke

HEBREËRS 12:14 – Beywer julle vir vrede met alle mense asook vir ‘n heilige lewe, waarsonder niemand die Here sal sien nie.

Roep,roep my storie is uit

So kom ons dan aan die einde van nog ‘n naguil Hoop julle het die uitgawe geniet. Tot volgende week. Mooi loop.

Groetnis vanuit die woud
Bertie

xxx

P.S. Julle is welkom om julle bydraes van mense, plekke in te stuur vir oorweging of sommer net saam te gesels. Rig julle skrywes aan Bertie.

Leave a comment - Please no racism, hate speech or explicit language. Thank you

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.