Die misterie en romantiek van Frankryk

Die misterie en romantiek van Frankryk

Die misterie en romantiek van Frankryk het my geboei van my tiener jare af deur die liefdesverhale van Ena Murray. Ridders op perde, Edelmanne, Fyn jong dametjies, Frankryk se chateaus.

My wêreld

Ek was ”n tiener in die laat 70’s begin 80’s voor Televisie en die Internet met die gepaardgaande Sosiale media die wêreld op ons voorstoep geplaas het. My hele wêreld het bestaan my plaaslike dorp en omgewing. Boeke het my geboei en veral boeke deur Ena Murray en Susanna M. Lingua. Hulle vertellings van vreemde lande het my in ”n sprokie losgelaat waarin ek myself kon verloor.

Die misterie en romantiek van Frankryk

Ek onthou hoe ek die Ensiklopedie sou bestudeur om meer oor Frankryk te leer. Die chateaus en Franse revolusie het regtig bestaan. Na al die jare is ek steeds verstom oor hoe akuraat Ena Murray se beskrywings van plekke en gebeure was – en dit terwyl sy nooit ‘n voet uit Suid Afrika gesit het nie. Verstommend. Haar beskrywings van die Koninklike Versailles , die leefwyses van die gewone mense in Frankryk en selfs hulle geaardhede getuig van die navorsing wat sy gedoen het – en dit sonder die moderne hulpmiddels van vandag.

Frankryk in Suid Afrika

Natuurlik is Frankryk ook sterk gevestig in Suid Afrika met die Franse Hugenote se koms. Hulle het ‘n enorme bydrae gelewer tot veral die ontwikkeling van Wynplase in die Kaap. Dit was hierdie Franse geur in die Kaap wat ook in die Ena Murray boeke uitgespeel het. Tans is die Franse verdeel tussen Gauteng en die Wes-Kaap.

Die misterie en romantiek van Frankryk

Talle Suid Afrikaners woon en werk in Frankryk en deur hulle vertellings en foto’s beleef ons weereens die mooi van Frankryk. Nataniel se Edik van Nantes wat hy aangebied het saam met sy broer Eric het my voor my rekenaarskerm gehou. Kan een plek so mooi wees? Dis nou die Franse platteland. Marita van der Vyver en haar Franse man se geskrifte gee ‘n meer gebalanseerde beeld van Frankryk – steeds boeiend. Alhoewel daar nie meer ”n Monargie in Frankryk is nie, is die chateaus steeds daar en so ook die Koninklike Paleis waar Koningin Marie Antoinette so grusaam aan haar einde gekom het. Dit is die Franse platteland wat vir my die mooiste is en JAN die Michellin chef se TV program bring die mooi tot binne my huis.

Was jy al ooit in Frankryk? Wat was jou indrukke? Deel dit met ons

Dankie vir die saam kuier. Praat saam en teken in op die nuusbrief. Lewer kommentaar en vertel ander van die webblad.

Het jy iets op die hart? Gesels saam

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

%d bloggers like this: