Naguil koerant uitgawe 6 van 2022

Naguil koerant uitgawe 6 van 2022

Naguil koerant uitgawe 6 van 2022 nou beskikbaar op die webblad met nuwe nuus brokkies en interressanthede. Die Naguil is ‘n aanlyn koerant wat weekliks op Amandaskrywer gepubliseer word met Bertie die Naguil as gasheer . Die koerant bring nuwe en unieke stories en bevorder lees en daarmee saam boeke waarin jy die leser moontlik in belang kan stel. Reageer op die blou skakel in die storie en dit sal jou neem na die oorspronklike. Geniet die koerant.

Bertie aan die beurt

Goeie dag mense maats groot en klein. Hoop dit gaan goed met almal. Stap saam met my deur die boekewoud en ontdek nuwe leesstof.

  • Veldhospitaal 12 is ‘n historiese roman geskryf deur Marinda van Zyl. Dit speel in 1905 af in Lüderitz Bay waar ‘n jong Helmut onder haglike omstandigheide die plaaslike mense leer ken.
  • Die Akteur Ruan Wessels het ‘n digbundel Dronk en Danig die lig laat sien. Dit is egter nie net in boekvorm beskikbaar nie. Hy lees sy eie gedigte voor met sagte musiek in die agtergrond. Volgens hom is die gedigte album soos hy dit noem juis so aanmekaar gesit om die jonger geslag bekend te stel aan gedigte.

Skrywer sêgoed

Hierdie week huldig ons die jong akteur en nou ook skrywer Ruan Wessels In ‘n onderhoud met Afrikaans het hy bekend gemaak wat sy 3 boeke is wat die grootste invloed op sy lewe het:

“Drie boeke wat ek baie geniet het was, The Subtle Art of Not Giving A F*ck (Mark Manson), The Book of Laughter and Forgetting (Milan Kundera), en Breyten Breytenbach se Rooiborsduif-digbundel. Boeke is vir my ‘n manier om my kop oop te maak, my horisonne te verbreed, en anders te leer dink. Al drie hierdie boeke het presies dit vir my gedoen. “ – Onderhoud deur Afrikaans.com

Stories oor plekke en sy mense

Chappies is bekend vir meer as net sy kleurvolle borrelgom. Onthou julle al die Het jy geweet? Inligting aan die binnekant? Die chappies storie het begin by Arthur Ginsberg ‘n jong seun van Suid Afrika en sy verhaal is fassinerend.

Roep,roep my storie is uit

Hier is ‘n bonus sommer net om dankie te sê vir al die ondersteuning en mooi boodskappe. Hierdie video gaan oor paddas – verskillende kleure en groottes en hulle mense maats. Te oulik.

So kom ons dan aan die einde van nog ‘n naguil Hoop julle het die uitgawe geniet. Tot volgende week. Mooi loop.

Groetnis vanuit die woud
Bertie

P.S. Julle is welkom om julle bydraes van mense, plekke in te stuur vir oorweging of sommer net saam te gesels. Rig julle skrywes aan Bertie.

Leave a comment - Please no racism, hate speech or explicit language. Thank you

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.