Dinge waarvan ek hou
Toe ek ‘n kind was het ek meestal gehou van dinge waarvan my gesinslede gehou het. ‘n Mens word egter groot en dan verander sekere dinge.
Dinge waarvan ek hou – My top 10
- Mense wat lojaal is en wie ek kan vertrou.
- Country musiek wat stories vertel en jou goed laat voel
- My kleinseun wat met lego blokkies iets uniek skep.
- Die reuk van ‘n nuwe boek en die bladsye wat kraak wanneer hy oopgemaak word.
- Ek hou van die kosse van verskillende kulture – korrek gaar gemaak
- My huis biblioteek is my gunsteling vertrek in die huis waar ek omring is van boeke
- Die reuk van plunger koffie wat ek buite in die tuin drink terwyl ek na die skoenlappers kyk.
- My kleindogter wat vir my sê: Ouma is my hele hart.
- Vars kruie op my kombuis se vensterbank wat reuke deur my huis stuur en van enige dis ‘n gourmet ete maak.
- Gemmerkoekies wat kraak aan die buitekant en sag is binne.
Ek is maklik aanpasbaar en sal nuwe kossoorte probeer (net nie fear factor se grillerige goed nie) en so ook enige ander nuwe dinge bv. zipline deur die Knysna bos – dit was groot pret en selfs om te leer plaveisel stene en sement potte maak.
Top 10 Dinge waarvan ek nie hou nie
- Mense met geen waardes nie
- Vakansie plekke wat oordadig luuks is
- Krummels onder my kaal voete
- Mense wat diere en kinders behandel
- Besigheids mense wat die natuur vernietig
- Klitsgras wat kleef aan my klere
- Honde bollie onder my skoene
- Pampoen
- Heavy metal musiek
- Inbel radio programme
Leave a comment - Please no racism, hate speech or explicit language. Thank you