Naguil koerant uitgawe 5 van 2023
Die Naguil koerant is ‘n aanlyn koerant wat weekliks op die webblad verskyn. Kliek op die blou skakel in die storie en dit sal jou neem na die oorspronklike storie.
Naguil koerant uitgawe 5 van 2023
Van die Redaktrise
Ons is steeds vasgevang in ’n ysige koue winter. Ja, selfs ek wat hou van die winter moet myself soms bymekaarmaak om uit die bed te klim en die dag binne te draf. Die skoolvakansie in hierdie koue het baie uitdagings tot gevolg gehad. Die kleinkinders kom 2x ’n week kuier en tydens skoolvakansies kom hulle oorslaap by Ouma. Met die aanhoudende reën en koue moet hulle meestal binne speel en raak hulle met tye erg gefrustreerd. Dan moet ek terugdink aan my kinderjare en speletjies uitdiep van toentertyd. Soos hopscotch. Gelukkig is my voorhuis vol teëls en bordkryt was maklik af.
Verder bak ons koekies, maak pizza en bou legkaarte. Hulle is ongelukkig nie so lief vir lees soos ek nie – hulle sal eerder ’n storie kyk op die skerm as om ’n boek te lees. Ek werk hard daaraan om hulle aan die lees te kry. Die kompetisie is groot en sterk maar hierdie Ouma gee nie so gou moed op nie.
In hierdie maand se Naguil is ’n video oor hoe om jouself uit dryfsand te bevry, ’n Ouma wat bewaak word deur ganse en ons kuier ’n bietjie by Dricky Beukes en lees weer Moerbeibos van Dalene Matthee.
Geniet hierdie uitgawe van die Naguil koerant uitgawe 5 van 2023.
Tot volgende keer
Amanda
Skrywer kollig
“My gunsteling genre bly die kortverhaal, hoewel dit die moeilikste is, want ’n mens moet so baie met so min woorde kan sê. Om boeke te skryf, is weer baie moeiliker as vir die radio, maar met die radioverhaal werk jy weer teen ’n tempo en móét jy doodeenvoudig elke dag skryf.” (Kerkbode, 19 Augustus 1987)
“Ek kan enige tyd van die dag of nag skryf. As iemand aan die deur klop, kan ek in die middel van ’n sin ophou tik. Ek kan dan heerlik sit en gesels en as die gas weg is, net weer hervat waar ek opgehou het. Ek hoef nie te wag vir die inspirasie of die stemming nie.” (Dagbreek en Landstem, 13 April 1969)
Ou boek kollig
Moerbeibos geskryf deur Dalene Matthee is ’n boek wat gegrond is op ware gebeure. Dit speel af in die Knysna woud in die laat 1800’s toe Italianers onder valse voorwendsels deur die Britte na Knysna gelok is. Die Italianers het gedink hulle sou ’n blink nuwe toekoms vir hulleself kon skep deur met sywurms in die Knysna bosse te boer. Hulle paspoorte is van hulle af weggeneem en hulle is deur die Britte gedwing om bome af te saag vir die papier bedryf.
Dalene se liefde vir die Knysna woud en haar sogenaamde bos boeke het haar geliefd in die omtrek gemaak. Daar is selfs ’n monument tot ere van haar in die woud opgerig.
Moerbeibos is aangrypend geskryf en deur die blaaie van die boek vind mens meelewing vir die Italianers wat so wreed van hulle mense af weggelok is na ’n vreemde land waar hulle gedwing was om die beste van ’n slegte saak te maak. ’n Kerkie wat deur hulleself gebou is staan steeds in die woud en word onderhou deur een van hulle nasate.
Stories oor plekke en sy mense
- In Londen is ’n boekwinkel so na my hart. Books for cooks is ’n boekwinkel wat net uit kookboeke bestaan met ’n Fransman as eienaar. Nie net bedryf hy ’n gespesialiseerde boekwinkel nie hy berei ook resepte uit die verskillende kookboeke voor waar kliënte in ’n gesellige atmosfeer die kos kan probeer voor hulle die kookboeke koop. Wat ’n wonderlike idee!
- Daardie langbeen pop by name Barbie is nou weer in die nuus met die fliek Barbie. Kyk net die Barbie huis wat jy kan huur vir vakansie – as jy genoeg geld het bygesê.
- Louis Vittone is bekend vir sy peperduur handsakke en nou is ’n miniatuur handsak so groot soos ’n naald se punt vir R 1,1 miljoen verkoop.
Nuwe boek kollig
Hierdie land is ons nuwe boek hierdie maand. In hierdie bundel beskryf verskeie skrywers, kunstenaars en ander bekendes wat vir hulle besonders is aan Suid-Afrika. Die bundel bestaan uit kort sketse en enkele gedigte.
Skrywer sake
Penguin Random house uitgewers se video kanaal is ’n fees vir skrywers en sommer vir enige ene wat daarvan hou om te sien wat agter die skerms gebeur.
Video kollig
Dryfsand kan lewensgevaarlik wees. In hierdie video leer ons wat om te doen indien ons ooit vassit daarin.
Musiek kollig
Maak jou oë toe en ontspan met hierdie strelende weergawe van Amazing Graze deur die Noord-Amerikaanse Indiane. So mooi!
Inspirasie
Ek het aanvanklik gehuiwer om hierdie video onder Inspirasie te sit en toe dink ek, wel ek is ook ’n Ouma en ek dink daar is ’n fyn lyn tussen jou volwasse kinders uithelp en om misbruik te word. Ek dink hierdie Ouma is baie dapper om te sê hoe sy voel daaromtrent.
Diere sake
Ganse is bekend daarvoor dat hulle kwaai is. Hier is ’n Ouma met haar eie 4 lyfwag ganse.
Bybel vers
SPREUKE 3:5 – 8 (AFR83)
Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staatmaak nie.
Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop.
Moenie dink jy het die wysheid in pag nie, dien die Here en vermy wat sleg is:
dit is die geneesmiddel vir jou, die verkwikking vir jou liggaam.
Vinnige Resep
PASTEI PIZZA
1 rol puff pasteideeg
Tamatie paste
Basilie blare – vars
Mozzarella kaas – gerasper
Rooi ui – opgekap
Spek of gaar hoender opgekap
Rol die deeg oop en plaas op meel bestrooide bakplaat
Oond op 200 C
Smeer tamatie paste oor deeg
Sprinkel spek of hoender oor
Strooi mozzarella kaas bo-oor
Basilie blare is volgende
Rond af met opgekapte uie
Bak ongeveer 8-10 minute of totdat deeg onder bruin en kaas gesmelt is
Bedien warm.
Gayle Logie
14 July 2023 at 2:19 pmJy is ‘n inspirasie vir baie my vriendin.
Amandaskrywer(Aduppie)
14 July 2023 at 9:13 pmDankie