Naguil koerant uitgawe 15 van 2021

0
(0)
naguil koerant uitgawe 15 van 2021

Dagsê mense vriende. Welkom by Die naguil koerant uitgawe 15 van 2021. Aangebied deur almal se gunsteling naguil Bertie vanuit die woud.

Ons probeer ons bes om interessante brokkies te kry wat nie agter ‘n betaal muur skuil en waartoe almal nie toegang het nie. Geniet al die nuus waardighede, raarhede, waarhede en lekkerte.

Skrywer sêgoed

Die skrywer en mede stigter van die KKNK Pieter Fourie is hierdie week oorlede en daarom is dit gepas dat ons hom die praat werk laat doen in hierdie aflewering van skrywer sêgoed.

“Die kunstenaar is soos ’n vlermuis. Dis ’n lelike ding wat in die nag werk en alles onderstebo sien as hy hang. Hy sien die wêreld om hom uit ’n totaal ander hoek.”

Oupa Leesuil gesels boeke en sy mense

  • Miskien is daar hoop geskryf deur Johan Voges handel oor God en hoop vir alle lewende wesens. Ons het altyd hoop nodig en hierdie boek lei ons op die pad.
  • Kinders moet aangemoedig word om te lees word dikwels gesê. Ons moet kinders egter ook leer hoe om boeke te versorg. Hierdie artikel deel wenke vir alle boek liefhebbers en hulle kinders. Ag sommer vir almal wat lief is vir lees.

Stories oor plekke en sy mense

  • Die sang groep ABBA is terug na meer as 20 jaar. Hierdie tydlose groep het ‘n nuwe album uit en gaan weer op toer. Dankie vir die musiek ABBA.
  • Ag moeder, kyk net hierdie olifantjie wat self ‘n plan beraam om water te kry om sy dors te les. ‘n lekker goed voel storie uit die bos.

Roep,roep my storie is uit

Ek hoop julle het hierdie week se bydrae geniet. Mooi loop mens maats en moenie die nuusbrief misloop nie. Tot volgende keer. Mooi loop.

Groetnis uit die woud
Bertie

P.S. Julle is welkom om julle bydraes van mense, plekke in te stuur vir oorweging of sommer net saam te gesels. Rig julle skrywes aan Bertie.

How useful was this post?

Click on a star to rate it!

Average rating 0 / 5. Vote count: 0

No votes so far! Be the first to rate this post.

We are sorry that this post was not useful for you!

Let us improve this post!

Tell us how we can improve this post?


Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Leave a comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading

Amanda Skrywer is now on Facebook and Goodreads