Country musiek in Suid Afrika

0
(0)

Country musiek in Suid Afrika was vir jare baie gewild met sangers soos Bobby Angel, Barbara Ray, Clive Bruce. Lance James en kan ons ooit vir Cora Marie vergeet? En toe kwyn dit weg. Sommer netso. Wel nie heeltemal nie. Die partytjie musiek het dit verswelg.

Country musiek in Suid Afrika

Die tagtigs

Country musiek in Suid Afrika was uiters gewild in die tagtigs. Ek onthou nog hoe sale uitverkoop was met country sangers. Country musiek was die musiek waarop gedans is by partytjies. Televisie het country aande gehad. Met stetsons en cowboy hoede. Strooi bale en meganiese bulle. Daar was selfs ‘n country treffersparade vir Suid Afrika. Dit was lekker. En toe gebeur dit…

Partytjie bederwers

Nuwe partytjie musiek is gebore. Doef doef. Sakkie sakkie. Herhalende musiek. Heup swaaiende sangers met kuiwe soos Elvis en meisies aangetrek soos Madonna. ‘n Revolusie en country musiek word op die agtergrond geskuif. ‘n Nuwe geslag musiek ondersteuners wat nie veel erg aan country musiek het nie. Vir die volgende klompie jare was hierdie nuwe tipe musiek ons voorland.

Die wedergeboorte

Alhoewel country musiek se lig verdof het, het dit egter nie uitgesterf nie. Sangers soos Lance James en Clive Bruce het dit steeds gesing terwyl hulle ook ander genres in hulle vertonings ingesluit het. Stadig aan het die aanhangers weer gevra vir country musiek. Juanita du Plessis veral het ‘n groot aandeel daaraan gehad dat nuwe aanhangers van country musiek navore getree het. Saterdag aande se country musiek uur op RSG aangebied deur Jacque Arend is baie gewild. Dis iets om na uit te sien na ‘n besige week.

Die toekoms

Met sangers soos Juanita du Plessis en Manie Jackson en nou ook Steve Hofmeyr wat hierdie genre lewendig hou kan country musiek in Suid Afrika suksesvol voortbestaan. Die ou tipe country bly ‘n gunsteling. Die strelende sielvolle klanke en die stories wat vertel word.

How useful was this post?

Click on a star to rate it!

Average rating 0 / 5. Vote count: 0

No votes so far! Be the first to rate this post.

We are sorry that this post was not useful for you!

Let us improve this post!

Tell us how we can improve this post?


Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

No racism, hate speech, explicit language.

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading