Naguil koerant 10 van 2023
En so kom ons aan die einde van die jaar met Kersfees op ons voorstoep.
Terwyl ons Kersfees saam met familie en vriende geniet is daar diegene wat in oorlog gewikkel is. Ek onthou nog hoe ons voor die radio gesit en luister het na die versoeke vir die Troepies aan die grens oor die Kerstyd. Die soldate was vêr van hulle familie en vriende en moes Kersfees op ’n nuwe manier vier.
Kersfees is tyd vir saamwees.
In 1914 tydens die 1ste wêreldoorlog was Duitsland en Brittanje in gevegte betrokke op die voorste linies in die loopgrawe meters van mekaar. Oukersaand 1914 was koud en nat in die loopgrawe. Skielik is die geluid van Kersliedjies gehoor. Duitse soldate het saggies begin sing meestal om van die koue te vergeet. Die Britte het begin saamsing. Die Duitse en Britse soldate het uit hulle loopgrawe geklim en mekaar halfpad tegemoet geloop.
Vir n paar uur het hulle kos en geskenke met mekaar gedeel, gesing en sokker gespeel voordat die bevel gegee is dat hulle verder moes oorlog voer. Die soldate het mekaar gegroet en teruggeklim in hulle loopgrawe. Bruce Bairnsfather (Britse soldaat) het agterna vertel:” There was not an atom of hate on either side.”
My Gebed vir Kersfees is dat daar vrede in die wêreld sal kom, families herenig sal word en mense die liefde van die Here sal ervaar.
Geseënde Kersfees vir jou die leser, jou familie en vriende.
Kersgroete
Amanda
“I tell you, it’s misery. There is nothing more dreadful to me than the sight of people getting drunk. And that’s what they call life. And that’s what you call life. I tell you, it’s death.” ― Herman Charles Bosman, Jacaranda in the Night
Herman Charles Bosman (3 February 1905 – 14 October 1951 is in Kuilsrivier gebore in ’n tweetalige familie. Hy het reeds op ouderdom 16 kortverhale in die Sunday Times gepubliseer. In 1926 het hy sy stiefbroer in ’n oomblik van woede doodgeskiet. Hy is ter dood veroordeel. Sy vonnis is egter na appel verander na 10 jaar van dwangarbeid.
Na die uitdien van sy vonnis het hy al sy energie in sy skryfwerk ingesit en ook sy eie uitgewery begin. Herman het bekendheid verwerf vir sy kortverhale. ’n Versameling van sy kortverhale is steeds wêreldwyd gewild.
Herman het ’n talentvolle en ook kleurvolle lewe gehad. Hy was bekend vir sy liefde vir partytjies en drank en het op ouderdom 45 gesterf tydens ’n partytjie.
Hy sal veral onthou word vir sy boeke Oom Schalk Lourens and the Voorkamer sketches, Mafeking roads, Jacaranda in the Night en Cold Stone Jug (oor sy tyd in die tronk)
“Your time will come. But if it doesn’t come, don’t let that make no difference either.” ― Herman Charles Bosman, Jacaranda in the Night
Dis Kersfees en daar is baie Kersmusiek om uit te kies. Wham se Last Christmas bly een van my gunstelinge. Die musiekvideo voel soos huis en in ’n onderhoud met George Michael het hy vertel dat Kersfees sy gunsteling tyd van die jaar is. Tydens die maak van die musiekvideo was Wham se eie familie en vriende deel van die video wat dit ekstra spesiaal maak. Geniet weer die klassieke klanke en huislikheid.
The Miracle on 34th street is ’n ou klassieke film wat in 1994 oorgemaak is. Die ou weergawe en hierdie ene is albei goed en lekker Kersfees nostalgie en ontspanning.
Ontmoet die regte Snoopy hond. Baylee is a Sheepadooddle hond wat op ’n haar na soos die bekende strokies hond lyk. Hy het ’n groot aanhang op die Internet waar sy manewales die skares vermaak.
Suid-Afrikaners is goed met grappe maak selfs onder moeilike omstandighede. Tydens die Rugby Wêreldbeker is ’n skatkis vol grappe bymekaargemaak. Lag lekker saam vir al die snaaksighede.
- Mêl die storieverteller deel ’n klompie prettige geskenk idees – tong-in-die-kies
- In Holland het ’n supermark ’n blink plan gekry vir al die eensame mense – ’n stadige (chat lane) ry waar kliënte geselsies kan aankoop met die kassiere wat geduldig luister, raad gee en saam huil en lag. Dit is so gewild dat ander supermarkte nou ook daarmee begin het.
- Die Toerismeraad van Suid-Afrika het Trevor Noah ingespan om ons pragtige land te bemark op sy bekende pittige manier met ’n volstruis, leeu, renosters en ander diere (mense ook) as mede bemarkers.
- Nooit te oud om nuwe dinge te leer nie – ’n maklike en gou manier om servette te vou hierdie feestyd
- Janine Muller het op 16 die jongste kinderboekillustreerder in die land geword deur ’n internasionale kompetisie te wen wat deur Protea Boekhuis beoordeel is. Trots Suid-Afrikaans
- Brenda Leë was 13 jaar oud toe sy haar liedjie Rock around the Christmas tree bekend gestel het. Die jaar was 1958. Elke jaar daarna word die liedjie afgestof oor Kersfees en steeds kon die bekende liedjie nie die top 1 posisie behaal nie. Aanhouer wen egter en in 2023 het die liedjie uiteindelik na 65 jaar die top posisie bereik en die vreugdevure brand hoog.
- Dit was ’n groot jaar vir ons eie Nataniël wat ’n musiek droom in 2023 bewerkstellig het. Sy broer Erik se dogtertjie het ’n kinderboek geskryf en Nataniël was haar vertaler en Nataniël het ’n nuwe kortverhaal bundel reg vir die Kerskous op die rakke.
My nuwe webwerf Kosreise het sy buiging gemaak op die Internet. In Kosreise deel ek my liefde vir kos, bak en brou en treine. Besoek gerus vir resepte, idees en kos en trein stories.
“Of what use is one ugly little tree?”
Atop a windswept hill, a crooked little tree stands alone . . . until one Christmas Eve, when an old woman labors up the hill with a box of ornaments, and tells the tree that he is special. He is to be the official Christmas tree for all of the homeless people in the city below.
The Homeless Christmas tree is gegrond op ware gebeure en vertel die verhaal van ’n hawelose vrou wat Kersfees 1990 ’n ewe hawelose lelike boom aangeneem het en versier het vir Kersfees. Dit is so goed ontvang dat ’n tradisie ontstaan het wat steeds voortduur selfs nadat die boom in 2009 deur vandale afgekap is.
Marius Weyers is ’n ikoon van Afrikaanse teater en film. Die skrywer Chris Vorster het ’n biografie van die formidabele akteur geskryf met vele vertellinge oor Marius en sy mede akteurs. Sandra Prinsloo speel graag teenoor Marius en tog is hulle nie eintlik vriende nie. Hulle respekteer mekaar se werk en komplimenteer se toneelspel en dis dit. Dis ’n boeiende lekkerlees boek.
JOHANNES 3:16 AFR83 – “God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê.
Posbus 1 is ’n pragtige storie (Showmax) van ’n 80 jarige ou man (Carel Trichard) wat sy vrou aan die dood afstaan. Sy het altyd op ‘n stoel gesit, en daarin kry hy ‘n briefie met die stoel se oorspronklike eienaar se adres. Man alleen neem hy die stoel en loop van straat na straat, op soek na die eienaar. Hartroerende Kersfees storie – Niemand moet alleen wees Kersfees nie.
Die Naguil koerant is ‘n aanlyn koerant wat weekliks op die webblad verskyn. Kliek op die blou skakel in die storie en dit sal jou neem na die oorspronklike storie.
Leave a comment - Please no racism, hate speech or explicit language. Thank you