Onthou jy Tupperware partytjies?

Onthou jy Tupperware partytjies? Gavrou geskenke, speletjies, Geskenke vir almal wat teenwoordig was vir die Tupperware partytjie. Die nuutste tupperware netjies uitgepak op die tafel en natuurlik die eetgoed. Moenie van die eetgoed vergeet nie.
Tupperware was groot
Almal wat ek geken het, het tupperware besit. In die 1980’s veral was Tupper uiters gewild. Daar was nie veel ander goeie plastiek ware beskikbaar nie. Dit het goed gelyk op enige tafel en binne jou kombuis kas. ‘n Gevoel van luuksheid…
Die Tupperware partytjies het oor meer as plastiek ware gegaan.
Dit was sosiaal. Veral vir huisvrouens en enkellopendes. ‘n Verskoning om weg te kom van kinders en die sleurtake by die huis. In my gevel het my man kinders gekyk vir die aand terwyl ek gekuier het saam met ander vrouens. Die nuutste skindernuus uitgedeel en net lekker gekuier. Onskuldige pret gekoppel aan jou begroting vir die aand. Dikwels het ons sommer vir 2 maande bestel en sodoende die gasvrou se finansies ‘n hup stoot gegee.

Partytjies by die werk
Ek was ‘n Polisievrou en dit was relatief maklik om bestellings te kry en jou gasvrou geskenk te vergroot. Almal wou tupperware gehad het. Ons het tupperware werk toe geneem met oorskiet kos van die vorige aand daarin.
Die eetgoed
Terug by die huis partytjies. Deel van die sosiale deel was die verversings. Gewoonlik koffie en tee tydens die koue maande en vrugte pons in die somer. Almal het uitgesien na die eetgoed en gasvrouens het met mekaar gekompeteer om die beste eetgoed voor te sit. Dit was meestal tuisgebak en heerlik.Ons sou lank na die amptelikhede verby was steeds sit en kuier om die eet en drink goed.
Dit was die goeie ou dae
Eenvoud in die verversings. Die lekker saam kuier saam met ou en nuwe vriende voordat jy huiswaarts keer terug na jou man en kinderrs en verantwoordelikhede. Tot die volgende tupperware partytjie. Lekker ou dae. Nostalgie
Kuier verder
- Die Naguil is ‘n gratis aanlyn koerant wat maandeliks op die webblad verskyn.
- We also publish original articles, stories and opinions in English
- Kosreise met resepte en kos stories
- Stories – reis stories, trein stories, kos stories, polisie stories, kombuis stories
Discover more from Amanda Skrywer
Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Leave a comment