‘n Nuwe begin in ‘n ou wêreld
‘n Nuwe begin in ‘n ou wêreld. Na twee jaar van die virus trotseer is dit tyd om terug te keer of nee ‘n nuwe begin te maak. Die afgelope twee jaar het ek dit rustig gevat en onder die radar gevlieg. Met ‘n onderliggende siekte (achalasia) wou ek nie kanse vat. Nou is ek ten volle gespuit en met die Omicron variant wil dit lyk of dinge begin beter word.
‘n Stap in die regte rigting
Maandag het ek die eerste treë geneem en my terug keer geneem na die wêreld wat ek agter gelaat het toe die virus alles tot stilstand geruk het. Alhoewel baie van die aktiwiteite waarby ek vroeër betrokke was wel in die tussentyd met tye oopgemaak het was dit haak en tak. Na ‘n paar byeenkomste het dinge weer toegemaak soos die virus voort gespoed het. Ek wou nie die kans vat om te vinnig terug te keer nie. Na twee jaar van afsondering voel ek fisies en emosioneel gereed om weer betrokke te raak.
Die dag is hier
Maandag 18 Januarie 2022 het die leeskring in my dorp weer met sy aktiwiteite begin en om 19:00 het ek amptelik weer my plek in die samelewing ingeneem. Vir my is die tyd nou reg. Dit het goed en reg gevoel om weer in die sirkel te sit en boek besprekings te doen. Bekende gesigte weer te sien. Mense wat ook van boeke en lees hou.
Die nuwe normaal
Ek gaan steeds versigtig wees. Die virus is nog nie verby en onder beheer nie. Die Spaanse griep van 1918 het ongeveer 2 jaar geduur voordat dit begin afplat het. Solank as wat maskers in die openbaar verpligtend is en so ook hand reiniger en daarmee saam sosiale afstand kan die virus in die baie nabye toekoms verslaan word.
Vir nou kan ons egter vir onsself ‘n nuwe normaal skep en dit is wat ek nou vir myself doen. Ek het Maandag my nuwe begin in ‘n ou wêreld geneem en dit is nog net die begin. Wees veilig almal.
Leave a comment - Please no racism, hate speech or explicit language. Thank you