Hoe gewild is jou webblad?
Hoe gewild is jou webblad werklik? Meet jy dit aan die hoeveelheid besoekers? Hoe lank vertoef hulle op jou blad. Ons ondersoek die opsies.
Dis deesdae baie maklik om ‘n webblad in ‘n paar minute te ontwerp. Dit is egter ‘n perd van ‘n ander kleur om jou webblad bekend te stel en besoekers te kry. In die begin jare het ons op web tellers (counters) staat gemaak om te sien of en hoeveel besoekers ‘n webblad kry. Google Analytics maak dinge baie makliker en ook meer ingewikkeld.
Google Analytics
Jy kan honderde besoekers daagliks kry wat jou kan fop om te dink jou webblad is baie gewild. Besoekers is natuurlik ook ‘n goeie ding aangesien dit wys dat mense wel jou webblad besoek en watter bladsye en artikels die meeste aandag kry. Onlangs het ek die Top 10 mees geleeste artikels van 2022 op die webblad gepubliseer met die statistieke soos verskaf deur Google Analytics. Dit gee ‘n baie goeie idee watter artikels die meeste aandag trek. Wanneer jy egter ‘n nader studie doen van al die verskillende statistieke wat Google Analytics bied, besef jy daar is baie meer as net die besoeker getal. ‘n Ander belangrike statistiek waarna mens moet oplet is die bons tempo of bounce rate.
Google Analytics bounce rate (bons tempo)
Bounce rate: the percentage of visitors to a particular website who navigate away from the site after viewing only one page. “a rising bounce rate is a sure sign that your homepage is boring or off-putting”
Ek het die statistiek rondom die bons tempo getrek en was verstom oor hoe die besoeker getal verskil van die bons tempo. Die artikels met die beste bons tempo het verskil van die mees geleeste artikels.
Bons tempo graderings
- 26 – 40% = Uitstekend
- 41 – 55% = Goed
- 56 – 70% = Gemiddeld
- 71 – 100% = Swak
Die artikels met die laagste bons tempo vir 2021
- 1. Skryf terapie
- 2. Sosiale media ja of nee
- 3. In beheer van jou lewe
- 4. Omtrent skryf
- 5. Rugby wêreld beker 2019
- 6. Kinders wat lees
- 7. Tiener wees in die tagtigs
Ek is geensins ‘n kenner op Google Analytics nie en het nog baie om te leer. Indien jy iets wil byvoeg tot hierdie artikel is jy welkom om saam te gesels.
Leave a comment - Please no racism, hate speech or explicit language. Thank you