Corona dagboek Week een

0
(0)
corona dagboek week 1

Corona dagboek WEEK EEN: Sondag 15 Maart – Saterdag 21 Maart 2020

15 Maart 2020

Vandag is die eerste geval van Corona bekend gemaak en nou is dit ook by ons. Italië is besig om te verswelg in die virus en ek kyk magteloos toe hoe hierdie virus die wêreld binne stroom.

16 Maart 2020

Ek vat die kleintjies speel groepie toe en almal praat oor die virus, maar dit lyk nie of die mense die erns daarvan besef nie. Pietertjie en Michelle se troue is in April en ons vliegtuig kaartjies van George na Pretoria is reeds gekoop. My Ma van 83 gaan saam vir ‘n 10 dae lange kuier.

17 Maart 2020

Die regering kondig maatreëls aan wat Woensdag in werking tree. My Ma wat in ‘n ouetehuis in Swellendam bly bel om te sê dat hulle nou basies onder kwarantyn geplaas word tot verdere kennisgewing. Die positiewe gevalle klim en die mense rondom my begin benoud raak. Dit staan reeds op 62 positiewe gevalle.

18 Maart 2020

Vandag is die eerste geval in George bekend gemaak nogals ‘n mens van Fancourt, daai grênd hotel waar so baie oorsese mense gereeld kom vakansie hou. Dis nou gevaarlik naby aan my. Ek is nie paranoid nie maar vang myself dat ek meer kere hande was en tafels afvee. 102 gevalle en dit klim.

19 Maart 2020

150 gevalle in Suid Afrika – Geen buitelandse vlugte en strenger maatreëls word aangekondig. Die wêreld is besig om te krimp. Almal keer nou terug na die land van hulle herkoms – nogals ironies. Die biblioteek maak in die middel van biblioteek hulle deure toe.

20 Maart 2020

Die kleintjies was vandag heeldag by my. Die speelgroepie is gesluit. Skielik is die komende troue en gepaardgaande kuier in gedrang. Ek voel jammer vir Pietertjie en Michelle. Hulle wag al 6 jaar vir hulle groot dag. Ek en my sussies gesels elke dag op ons whattsup groepie en bemoedig mekaar. Die afgelope paar dae voel half onwerklik.

21 Maart 2020

Die gemoedere loop bietjie laag vandag. Ons weet nie meer of die troue sal kan voortgaan nie. Daar is soveel onsekerheid. Als waaraan ek deelgeneem en behoort het is gekanseleer. Dis makliker vir my om my plek hygienies te hou want ek is net een mens en Millie my honde maat. Ek probeer myself gesond hou terwyl ek bekommerd is oor my Ma se fisiese en emosionele gesondheid so toegesluit in die ouetehuis. Ek bel haar nou meer dikwels. Ek het vanaand die gratis Afrikaanse konsert gekyk op die Internet. Dit was nou sommer lekker.

FOP NUUS

Fop nuus en skelmstreke rakende die Corona virus is orals en ons moet versigtig wees en nie sommer enige ding glo en aanstuur nie. Daar is ‘n klompie gesaghebbende webblaaie wat nie fop nuus versprei nie.

A virus broke the world vertel die verhaal van die wêreld vasgevang in die virus.
Coronavirus klap Suid Afrika is geskryf as voorloper vir die Corona dagboek wat daagliks bygewerk word.

GESELS SAAM

  • Gaan na my Posbus bladsy
  • Los ‘n boodskap
  • Stuur ‘n e-pos
  • Teken in op my Nuusbrief en bly op datum
  • Besoek my Engelse webblad Let’s make tea vir nog meer artikels.

How useful was this post?

Click on a star to rate it!

Average rating 0 / 5. Vote count: 0

No votes so far! Be the first to rate this post.

We are sorry that this post was not useful for you!

Let us improve this post!

Tell us how we can improve this post?


Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Leave a comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading

Amanda Skrywer is now on Facebook and Goodreads