Naguil koerant uitgawe 3 van 2022

naguil koerant uitgawe 16 van 2021

Naguil koerant uitgawe 3 van 2022. Die Naguil is ‘n aanlyn koerant wat weekliks op Amandaskrywer gepubliseer word met Bertie die Naguil vanuit sy huis in die woud.

Bertie aan die beurt

Hallo mense en diere vriende. Die skole is weer aan die gang en die kleingoed het hulle nuwe skooljaar tegemoet gespring. Hoop die ouers het ‘n welverdiende koppie koffie in rus en vrede gedrink.

Skrywer sêgoed

Hierdie week is ons fokus op Hennie Aucamp

  • “Sensuur is ’n soort mosie van wantroue. Etienne Leroux het gesê dit het hom tot stilstand gebring. Jy voel asof jy verraai word deur jou eie mense.” (Die Burger, 20 Oktober 1986)
  • “As ek vir iemand kan raad gee, sal ek sê moenie te vroeg verstandig probeer wees nie.” (Sarie, 31 Augustus 1994)
  • “’n Boekkultuur bly die fondament van ’n beskawing.”

Oupa Leesuil gesels boeke en sy mense

  • Afrifiksie is ‘n webtuiste waar fantasie en wetenskap in Afrikaans bymekaar kom. Daar is ‘n magdom inligting op hierdie webblad vir liefhebbers van wetenskapfiksie en fantasie. Beslis ‘n besoek werd.
  • Dr. François P. Verster is ‘n skrywer wat graag sy kennis oor boeke en skryf met ander deel. Hy vertel baie komies hoe hy begin het en sy ervaring met skryf kursusse.
  • Marita van der Vyver en haar Franse man het besluit om ‘n jaar lank ‘n sogenaamde gap jaar te vat. Noudat al hulle kinders die nes verlaat het, het hierdie twee besluit om vir ‘n jaar lank geen vaste adres te hê nie. Swerfjaar vir seniors is nou in sy 5de aflewering en goeie leesstof.

Stories oor plekke en sy mense

  • Vissmeer is nou amptelik iets van die verlede. Dis ‘n ramp. Anchovy op roosterbrood is verby lekker.
  • Die egpaar Van Rensburg van Pretoria leef letterlik hulle kultuur uit deur ossewaens te herstel. Hulle bly selfs in ene by die Voortrekker monument.
  • Opsoek na boere kryger Gideon Scheepers neem ‘n paar geesdriftiges deur modder en stof strate om by sy monument hulde te bring en dis nie in Graaf Reinette nie.

Roep,roep my storie is uit

Dis al vir vandag. Hoop julle het die uitgawe geniet. Tot volgende week. Mooi loop.

Groetnis vanuit die woud
Bertie

P.S. Julle is welkom om julle bydraes van mense, plekke in te stuur vir oorweging of sommer net saam te gesels. Rig julle skrywes aan Bertie.

Leave a comment - Please no racism, hate speech or explicit language. Thank you

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.