My lewe het verander

0
(0)

How useful was this post?

Click on a star to rate it!

Average rating 0 / 5. Vote count: 0

No votes so far! Be the first to rate this post.

We are sorry that this post was not useful for you!

Let us improve this post!

Tell us how we can improve this post?

My lewe het verander

My lewe het verander. Dit sal nooit weer dieselfde wees nie. 2026 het afgeskop met my Ma se afsterwe en dit was net die begin. Niks kon my voorberei vir die uitdagings en oorwinnings wat op my gewag het nie.

My Ma is 1 Januarie onverwags oorlede

Na haar afsterwe was daar baie dinge om te doen. Die eerste 2 weke na haar dood het my voete nie grond geraak het nie. Dit het nie gehelp dat dit nog vakansie was en baie plekke nog toe was nie. Ek moes ook haar kamer in die versorgings oord gaan oppak en die organisering behartig vir die gedenk diens en nog baie ander dinge.

16 Januarie het ek ‘n massiewe abses ontwikkel

Dit was die laaste ding wat ek op daardie stadium nodig gehad het. Dit was uiters pynlik en ongemaklik. Antibiotika het gevolg en dit het ‘n goeie week geneem voor ek weer behoorlik kon loop en sit.

My lewe het verander

Na 2 jaar van help met my Ma se versorging en nog ‘n jaar wat sy in ‘n versorgingsoord in my tuisdorp gewoon het. Ek het haar twee keer op ‘n dag besoek, dorp toe geneem en gereeld uitgeneem. Skielik was my hande leeg en my verantwoordelikhede dramaties minder. Energiek het ek ingespring om my huis van bo tot onder uit te sorteer voordat ek my oorgroeide tuin vir eens en vir altyd sou oorwin. Ek was goed op dreef. My planne en drome het onbreekbaar gelyk. Nooit het ek gedink dat my lewe inmekaar sou tuimel nie.

24 Maart het ek my vloere gewas

Ek was gelukkig en tevrede. My huis is netjies en reggepak. Alle onnodige goed is weggery. Die vloere sluit die huis hoofstuk af. Die volgende week sou ek met my tuin begin. My wasgoed het op die draad gehang, Kos in die oond. ‘n Lied in my hart. Ek het die laaste stukkie van die voorhuis se vloer gewas en die emmer met die mop binne in opgetel om dit buite toe te vat. En toe gly ek. Ek het plakkies aangehad. Desperaat het ek probeer keer dat die emmer water oor my skoon vloer val. Simpel idee, ek weet. Ek het vooroor geval met my hande steeds op die emmer.

Die pyne het deur my rug geskiet

Ek het dadelik geweet dat ek myself bitter seer gemaak het. Meer as ‘n halfuur het ek gekrul van die pyn. Nat en koud. Na nog 3 ure kon ek uiteindelik skuifel tot by die naaste bank. Daardie aand het ek vroeg gaan slaap. Gehoop dinge sou weer reg wees binne ‘n dag of twee. Ek het niemand laat weet nie en ook nie dokter toe gegaan nie. Twee dae later kon ek egter nie meer die pyn hanteer nie en is ek Dokter toe. Hy het my gestuur vir x-strale.

Die uitslag van die x-strale het my verstom gelaat

Ek het my rug gebreek. 1 Werwel in my lae rug was morsaf en nog 2 gekraak. Dit kan mos nie moontlik wees nie. Het ek werklik my rug gebreek met vloere was? Wat? Ek is huis toe met ‘n handvol pyn pille, ‘n lae rug stut en streng opdragte. Mag nie motor bestuur nie. Geen gebuk nie. Mag nie wasgoed ophang of bed opmaak nie. Skottelgoed was is uit en so ook lank staan. Mag niks optel of skuif nie. Ek moes egter binnehuis stap om bloed klonte te vermy. Ten spyte van al die ellendes was ek positief dat ek vinniger sou herstel as die dokter se voorspelling. My tuin moet nog gedoen word.

14 April het ek wakker geword en kon nie beweeg nie

Pyne het deur my linker sy en heup geskiet. Terug dokter toe. My sciatic senuwee was ontsteek en dit sou tyd neem om te herstel. Die pyn was erger as die pyn in my rug. Dit was gemakliker en minder pynlik om te lê as te sit. Ekstra sterk pyn pille. My bloeddruk was hemel hoog.

18 April het my spysverteringstelsel ingegee

Ek kon nie eet of drink nie en niks wou binne bly nie. Terug dokter toe. Bloeddruk gevaarlik hoog. Ek is ontwater en baie swak. Dokter sit my op ‘n drip. Die sterk pyn pille het my maagwand gebrand. Huis toe met pille om my maagwand gesond te maak en pille om my bloeddruk af te bring.. Dit voel of ek besig is om dood te gaan. Binne 10 dae het ek 8 kilogram verloor. Ek maak myself gereed vir die ergste en reik uit na God vir genade.

26 April begin ek opgooi en kom ‘n klomp gemors uit

Teen die aand kan ek weer water inkry en die volgende dag rooibos tee sonder melk. Daar is hoop. 28 April is ek terug dokter toe. My bloeddruk is weer normaal en die rug en sciatic pyne beter. My suiker en cholesterol is ook normaal. Ek kry ‘n huppel in my stap toe ek uitstap by die dokter. God het my aangeraak en genees. Prys die Here!

My lewe het verander en ek het nog ‘n kans gekry

Dit het my die hele Mei maand geneem om weer my kragte op te bou. Ek was erg verswak na al die ellendes en my spysverteringstelsel het gesukkel met al die pille, pyne en hoë bloeddruk. Aanvanklik kon ek net vloeistowwe drink. Mettertyd kon ek sagte kos inkry en nou na ‘n maand kan ek weer meeste goed eet. My maagwand is nog nie heeltemal herstel nie so ek moet steeds versigtig wees. Die pyne is onder beheer en ek kan weer ligte goed doen soos skottelgoed was en my bed opmaak. ‘n Week gelede het ek weer self kos gemaak. Ek voel soos ‘n nuwe mens. Volgens die dokter neem dit ongeveer 6 maande vir my tipe besering om te herstel so ek kan nie nou begin huis verf of bome plant nie. Ten minste kan ek weer skryf en doelwitte stel. God is goed. Genade onbeskryflik groot.

Explore/Kuier verder

  • Join me on Facebook and let’s get talking.
  • Everything books and writers. Visit me on Goodreads.
  • Kosreise met resepte en kos stories – Food travel with recipes and stories about food
  • Stories – reis stories, trein stories, kos stories, polisie stories, kombuis stories
  • In-depth investigations – In-diepte ondersoeke.
  • Teetyd kuiers – Teatime chats – Light hearted chats
  • Begin jou eie webblad met WordPress – start your own website
  • We also publish original articles, stories and opinions in English

How useful was this post?

Click on a star to rate it!

Average rating 0 / 5. Vote count: 0

No votes so far! Be the first to rate this post.

We are sorry that this post was not useful for you!

Let us improve this post!

Tell us how we can improve this post?


Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

1 Comment

  1. scrapydo2.wordpress.com

    8 June 2026 at 9:08 am

    Beslis ‘genade onbeskryflik groot’. Baie sterkte.

Leave a comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading

Amanda Skrywer is now on Facebook and Goodreads