Hierdie tyd van die jaar

hierdie tyd van die jaar

Hierdie tyd van die jaar is ‘n malle gejaag om uiteindellik by ons grootste jaarlikse feestyd uit te kom.

Kenmerkend van hierdie tyd van die jaar

Mens voel sommer hoe die atmosfeer in Suid Afrika begin verander so van middel November af. Daar is ‘n “buzz” in die lug soos die jongmense graag sê. Daar is werks afsluitings funksies, matriek afskeide, selgroep afsluitings, Christmas by Candlelight, Kers konserte en so meer.

Winskope en kersvleis

Einde November is daar Black friday spesiale aanbiedinge wat inkopie gangers lok en mens kan skaars beweeg so besig is die winkels. Ek probeer net om melk te koop en moet in elle lang toue staan. Dis malligheid.

Hierdie tyd van die jaar by die kus

Ek is woonagtig in die tuinroete en van Desember tot na Nuwejaar is ons kusdorpies tot oorlopensvol mense. Dis dan waneer ons moet aanpas by die gedruis en ons gewone tye moet verander sodat ons nie van ons trollie af raak nie. Ek doen meeste van my inkopies voor die vakansiegangers hier kom en vermy sover moontlik die oorvol strande tot hier by die 7de Januarie waneer dinge weer begin terugkeer na normaal.

Vakansie en harde werk

Waneer die Gautengers kom kuier is hulle gewoonlik doodmoeg na ‘n jaar se harde werk en kom hulle see toe om te ontspan saam met familie en vriende en word daar geshop till you drop, vuur aangesteek en gesellig gekuier.

Lekker tye

Ek geniet veral die kers en snuffel markte, die kosstalletjies en konserte. Ek is dol oor Kersfees, kersliggies en kerssang aande. Dit vat my sommer terug na my kinderjare. Die kerstyd was nog altyd vir my ‘n lekker tyd waarin ek weer soos ‘n kind die wonderwêreld en fantasie van Kersvader en sy rendiere kan ervaar. Daar is ‘n wonderlike gees tussen die vakansie mense en almal voel lig en gemaklik. Natuurlik speel die heerlike kos ook ‘n rol.

Geniet julle ook die kerstyd? Ek hoor graag van julle.

Leave a comment - Please no racism, hate speech or explicit language. Thank you

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.