Mediese Vooruitgang die laaste 100 jaar

0
(0)
Mediese Vooruitgang die laaste 100 jaar

Mediese Vooruitgang die laaste 100 jaar is om voor dankbaar te wees. Die mediese wetenskap het voorwaar vooruitgegaan in die laaste eeu. Daar was ‘n tyd waar mense geopereer is sonder narkose en waar ander dood gegaan het vir iets soos masels. Gelukkig het die mediese wetenskap baie verbeter.

Mediese Vooruitgang die laaste 100 jaar

Insulin is in 1922 uitgevind deur Elliott Joslin vir die behandeling van diabetes en red daarmee duisende lewens. In 1945 word die pap smear vervolmaak om kanker by vrouens betyds op te tel. Dit help miljoene vrouens om betyds behandeling te kry. 1949 lui die era van inentings in waarvan die polio inenting die grootste impak gemaak het. Hierna volg inentings teen masels, Pampoentjies en waterpokkies.

Inentings red miljoene lewens elke jaar – seker een van die belangrikste uitvindsels wat kinderlewens raak.

Steeds in 1949 word kortisoon vir die eerste keer gebruik om mense met artritis suksesvol te behandel. In 1952 word die eerste suksesvolle nier oorplanting op ‘n identiese tweeling gedoen en in 1954 word voorbehoedmiddels vir die eerste keer in pil vorm toegedien. Menslike vel vir gebruik in vel oorplanting word vir die eerste keer in ‘n laboratorium gekweek in 1984. Hierdie konsep sou ook suksesvol op klein Pippie gebruik word. Prof. Chris Barnard doen die eerste suksesvolle hart oorplanting in 1967 in Suid Afrika.

Die jaar 1988 bring hoop vir mense met onooglike tatoos met die aankoms van laser vir die verwydering van tatoos

Drie verskillende mense het hoop vir ‘n nuwe lewe gekry met die eerste drie dubbele orgaan oorplanting toe albei die longe en hart van ‘n skenker nuwe lewe vir drie ander beteken het. Mediese vooruitgang het die gevolg gehad dat mense reeds in 1846 narkose toegedien is vir operasies. In 1973 is laser oog operasies vir die eerste keer gedoen.

Dankie vir mediese vooruitgang die laaste 100 jaar.

How useful was this post?

Click on a star to rate it!

Average rating 0 / 5. Vote count: 0

No votes so far! Be the first to rate this post.

We are sorry that this post was not useful for you!

Let us improve this post!

Tell us how we can improve this post?


Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

No racism, hate speech, explicit language.

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading