Mense met te veel geld

0
(0)
mense met te veel geld

Mense met te veel geld is deesdae nogals volop. Dis duidelik te sien in die reusagtige huise wat orals hulle verskeining maak. Mense lewe al groter en luukser. Dis ook nie net in Suid Afrika nie.

Australie se mega huise

How one family’s suburban dream turned into another’s nightmare is of ‘n nagmerrie of ‘n droom afhangende hoe jy daarna kyk. Sommige inwoners veg verbete om die groot huise in hulle woonbuurt te keer en dit lyk of dit ‘n opdraende stryd is. Die een na die ander gewone woonhuis word platgeslaan. In sy plek verhuis ‘n reusagtige woning en verdwerg die paar gewone huise wat nog oor is. Elke stukkie van die erf word bebou met bykans geen groenigheid in sig nie.

Terug in Suid Afrika

Dis nie veel beter in Suid Afrika nie. Veral in die kusgebiede verrys hierdie mega huise – paleisagtig. Weg is die eenvoudige maar gerieflike huise van ‘n paar jaar gelede. Hierdie tendens kruip al nader na die binnelandse woonbuurte, Dit laat mens wonder of dit ryk Suid Afrikaners se huise is en of dit buitelanders is wat hierdie huise bou. Beton op beton, weelderig, verskeie verdiepings. Sommige huise word as B&B bedryf – meestal is dit egter familie huise.

Mense met te veel geld

Gaan dit dan so goed met die mensdom of is dit ‘n nuttelose hunkering om beter te wees as ander – dis moeilik om agter die kap van die byl te kom. Die kringe waarin ek beweeg bly nie in hierdie mega huise nie. Ek, my vriende en familie bly in gewone huise – niks uitspattig nie. Is die tendens van mega huise ‘n geval van mense met te veel geld en daarom wil hulle spog met wat hulle het?

My Ouma was altyd skepties oor groot huise en mooi motors: “Mense wat regtig ryk is wys dit nie” “Mense wat in weelde lewe het gewoonlik baie skuld en eet saans toast met swart koffie”

How useful was this post?

Click on a star to rate it!

Average rating 0 / 5. Vote count: 0

No votes so far! Be the first to rate this post.

We are sorry that this post was not useful for you!

Let us improve this post!

Tell us how we can improve this post?


Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

No racism, hate speech, explicit language.

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading