Kyk na my – Nataniël

0
(0)
kyk na my

Opinie van Nataniël se boek Kyk na my

Kyk na my geskryf deur die geliefde Nataniël is ‘n blik op sy lewe. Hy vertel van sy grootword jare, sy Ouma wat in ‘n kasteel gebly het en geure en smake uit die kospotte van die mense na aan hom.

‘n Opvallende gedeelte is waar hy vertel van sy hele wêreld wat bestaan het uit sy ouers en sy ouma hulle se wonings. Sy Ouma en Oupa het in Wellington gewoon en gewerk en die jong Nataniël het vakansie tye deurgebring in die leë statige koshuis wat vir hom soos ‘n kasteel gevoel en gelyk het. Ek kan my net indink hoe spesiaal dit moes wees.

Anders as ander

Hy vertel van sy andersheid as ‘n kind en hoe hy gegril het vir dinge wat kinders graag doen, modder voete, rondhardloop. Sy eerste skooldag blyk ‘n marteling te gewees het veral toe hy moes uitvind dat hy weer en weer moes teruggaan skool toe.

Nataniël skryf soos hy praat en dis moeilik om die boek neer te sit. Soms lag mens vir sy vertellings, ander kere skud jy die kop terwyl jy sluk aan die knop in jou keel.

Dis nie maklik om kind te wees nie

Terwyl hy gesukkel het om kind te wees het hy lewe gekry op die verhoog tydens skool opvoerings. Hy het gehou van die aandag, die applous. Dis duidelik dat hy reeds op ‘n jong ouderdom bestem was vir die verhoog en sy Ouma het al die pad in die jong Nataniël geglo en ‘n lansie vir hom gebreek waneer niemand hom verstaan het nie.

Nataniël se inry teater

Nataniël se beskrywings van plekke, mense, dinge laat jou toe om saam met hom deur sy lewe te reis en dinge deur sy oë te sien en ervaar. Dis asof jy in ‘n inry teater sit en die rolprent voor jou sien afspeel. Sy beskrywings is in volkleur met baie detail. Selfs iemand wat nie ‘n geoefende leser is nie sal meegevoer word deur sy verhaal.

Kyk na my is nog een van Nataniël se boeke wat ‘n ereplek in die boekrak verdien. Sit terug en geniet dit.

How useful was this post?

Click on a star to rate it!

Average rating 0 / 5. Vote count: 0

No votes so far! Be the first to rate this post.

We are sorry that this post was not useful for you!

Let us improve this post!

Tell us how we can improve this post?


Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

No racism, hate speech, explicit language.

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading