Corona dagboek week 13

corona dagboek week 13

Corona dagboek week 13: Sondag 7 Junie 2020 tot Saterdag 13 Junie 2020

Sondag 7 Junie 2020

S.A. Infeksies: 48 285 Sterftes: 998

Koffie met malva lekkers in die son , skryf, lees, lemoen poeding en hoender met geroomde spinasie is die som totaal waarmee ek myself vandag besig gehou het. ‘n Rustige Sondag op die 3 sitplek bank in my voorhuis met Millie langs my. Ek mis vandag my familie, drukkies en saam kuier om ‘n braaivleis vuur. Ten minste het ek vir Millie, ‘n 3 sitplek bank en malva lekkers.

DANKBAAR

  • Malva lekkers
  • Millie
  • My 3 sitplek bank wat so lekker lê

Maandag 8 Junie 2020

S.A. Infeksies: 50 879 Sterftes: 1080

Millie is hierdie jaar 15jr. en die ou gebeentes sukkel om op die bed te spring en na vele onsuksesvolle pogings om vir haar ‘n oprit te maak het ek ‘n ou stoel voor die bed gesit en na ‘n bietjie aanmoediging het sy uiteindelik begin om dit te gebruik en nou gaan dit sommer baie beter.

Ek het vandag die hout vir die boekrakke gaan koop en dit is tans by die hardeware winkel sodat hulle dit kan opsny. Dit gaan so ‘n dag of twee duur en in die tussentyd het ek nog vele kleiner projekte om my mee besig te hou.

DANKBAAR

  • Millie kan weer self op die bed klim met behulp van ‘n stoel
  • Lemoen poeding – tog te lekker
  • ‘n Kopskerm teen COVID 19

Dinsdag 9 Junie 2020

S.A. Infeksies: 52 991 Sterftes: 1162

Die dag het sommer vroeg al met storm sterk winde begin. Ek wou vandag buite in my tuin gaan werk het, maar weens die wind het ek toe besluit om eerder binnehuis doenig te wees. Ek was rustig besig met my skryfwerk toe die foon lui. Dit was die hardeware winkel. Volgens hulle het ek die hout planne verkeerd uitgewerk. Ek het haastig in my motor gery en gelukkig was dit net ‘n klein probleempie wat gou uitgestryk is. Verligting.

DANKBAAR

  • Die foutjie met die hout is darem nie te groot nie en kon gered word.
  • PS sjokolade – die pers papier
  • Millie se trap vir die bed werk soos ‘n bom

Woensdag 10 Junie 2020

S.A. Infeksies: 52 991 Sterftes: 1162

Die wind het vandag verwoed gewaai met reën in die middag en so het ek in die stormweer afgery na die hardeware winkel om my hout te gaan oplaai. Nou is als veilig by die huis en kan ek begin met my groot muur tot muur boekrak bou.

DANKBAAR

  • Dankbaar dat ek veilig heen en terug gery het in die stormweer.
  • Voëltjies wat vrolik sing terwyl hulle saadjies oppik.
  • Melktert in die koue

Donderdag 11 Junie 2020

S.A. Infeksies: 58 568 Sterftes:

Ek het vandag tog te lekker met my Ma gesels. Sy was opgewek en vrolik en dit het my hart sommer goed gedoen. Ons het lekker gesels op die foon – twee ure lank. Dis steeds koud en onplesierig hier en ek het nie lus vir kosmaak nie – ek eet vandag van Moedersdag se gevriesde kos. Dis steeds lekker. Ek dink sommer vandag aan al die werkers op die voorste linie in die hospitale en die gevare waarin hulle moet werk en die opofferinge wat hulle moet maak.

DANKBAAR

  • Salted caramel kit kat – so lekker
  • ‘n Warm veilige huis
  • My Ma se gemoed is beter

Vrydag 12 Junie 2020

S.A. Infeksies: 61 927 Sterftes: 1354

Ek het vandag begin werk aan my boekrakke en die klein kinder boekrak klaar gemaak. Die hout moes ook randte om kry en ek moes dit als plak met gom – ‘n groot werk. Verder sien ek hoe die Coronavirus begin spoed optel in Suid Afrika en ons kan net bid dis al.

DANKBAAR

  • ‘n Motor om mee te ry
  • Oond gebakte slaptjips
  • You Tube DIY video’s

Saterdag 13 Junie 2020

S.A. Infeksies: 65 736 Sterftes: 1423

Ek het heeldag aan my 1ste boekrak gewerk en moes tussen in nog ry om nog skroewe en hout te gaan koop. Teen 5 uur was my 1ste boekrak klaar en kon ek die dag en naweek op ‘n hoë noot afsluit. Nou gaan ek bad en in my bed klim. Hierdie lyf is nou moeg.

DANKBAAR

  • My 1ste boekrak is klaar.
  • ‘n Warm bad met epsom sout
  • Warm Milo met malva lekkers

Gesels saam

  • Gaan na my Posbus bladsy
  • Los ‘n boodskap
  • Stuur ‘n e-pos
  • Teken in op my Nuusbrief en bly op datum
  • Besoek my Engelse webblad Let’s make tea vir nog meer artikels.

Leave a comment - Please no racism, hate speech or explicit language. Thank you

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.