Skryf jou pyn in woorde

0
(0)

Skryf terapie

Skryf jou pyn in woorde. Elke mens gaan deur sy of haar eie traumas en ons het ‘n uitlaatklep nodig om uiting te gee aan ons pyn. Elkeen verwerk trauma op sy eie manier.

Skryf terapie is een so ‘n manier

Oja skryf terapie is ‘n werklikheid en terapie vir ‘n gebroke mens. Jy het nie geld nodig of ‘n terapeut nodig om skryf terapie te beoefen nie. Al wat jy nodig het is jou pyn, pen en papier. Terwyl skryf terapie goed is om uiting te gee aan jou gevoelens tydens traumatiese gebeure in jou lewe kan jy ook gevoelens van vreugde en drome neerskryf.

Dis net vir jouself. So jy kan skryf wat jy ookal wil

Lizette Rabe het ‘n boek geskryf oor skryf terapie. Om tot verhaal te kom is haar manier om vir elkeen daar buite die gawe van skryf te leer. Alhoewel sy reeds ‘n bekende skrywer is het sy skryf terapie beoefen nadat haar seun selfmoord gepleeg het. Dit het haar gehelp om die trauma in woorde om te sit en sin te maak uit alles uit.

Sy het voor ’n spieël gestaan en van ’n “baie ver plek” na die vrou voor haar gekyk. “Ek het geweet sy sal nooit weer bestaan nie,” “Sy sal ’n nuwe identiteit moet kry. Sy sal tussen woorde – honderde, duisende, miljoene – moet swerf om iets te probeer vind wat sin maak,” – Lizette Rabie

Skryf jou pyn in woorde

Ek doen skryf terapie al vir jare en dit help my dinge te verwerk en te verstaan. Ek skryf op lyntjies papier met my hand en pak die boek weg wanneer ek klaar is. Dit is net vir my bedoel. My diepste seer en vrese is neergepen in die boek sonder naam. Niksseggend van buite en vol emosies en oorwinnings tussen die bladsye. Skryf jou pyn weg in woorde.

Kuier verder

  • Die Naguil is ‘n gratis aanlyn koerant wat maandeliks op die webblad verskyn.
  • We also publish original articles, stories and opinions in English
  • Kosreise met resepte en kos stories
  • Stories – reis stories, trein stories, kos stories, polisie stories, kombuis stories

How useful was this post?

Click on a star to rate it!

Average rating 0 / 5. Vote count: 0

No votes so far! Be the first to rate this post.

We are sorry that this post was not useful for you!

Let us improve this post!

Tell us how we can improve this post?


Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Leave a comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading

Amanda Skrywer is now on Facebook. Double the fun!