Mense hou nie van feite nie

Mense hou nie van feite nie
Mense hou nie van feite nie. Altans nie almal hou van feite nie. Soms is die werklikheid nie so opwindend soos versinsels nie. Ek kyk graag debat voerings tussen mense op die Internet en sekere dinge staan nogals uit soos ‘n seer vinger.
Feite is anders as gevoelens
Feite kan nagevors en bewys word terwyl gevoelens jou emosies is. Tog is daar mense in debat situasies wat probeer argumente wen deur oo gevoelens te fokus. Hulle word egter gou deur die mense met feite vermorsel.
Facts don’t care about your feelings – Ben Shapiro
Ben Shapiro is een van die beste debat voerders tans op die arena en as ‘n Jood met al die haatdraende mense moet hy sy feite ken. Hy skram nie weg van kontroversie nie en vat studente by Universiteite aan asook lede van die kongres en staan sy man met feite in die Internasionale media.
“There is no such thing as ‘your truth’. There is the truth and your opinion.” – ― Ben Shapiro
Ben vat mense aan oor Israel, die Bybel, politieke gebeurtenisse en selfs aktuele sake van die dag.. Kyk gerus na hierdie kompilasie video met Ben Shapiro in aksie waar hy kalm die feite gee en die argumente tydens debat wen met onweerlegbare feite.
CNN aanbieder gee gevoelens en word gekonfronteer met feite
Don Lemon het ‘n Britse historikus en Koninklike kenner op Internasionale televisie aangevat oor historiese slawerny en het daarop aangedring dat Brittanje en Koning Charles geld moet betaal aan die slagoffers van slawerny. Die historikus was bewapen met feite oor Brittanje en slawerny en het Don Lemon soos ‘n idioot laat lyk. Hierdie konfrontasie is ‘n meesterklas in gevoelens teenoor feite.
Mense hou nie van feite nie
Dis maklik om mense met gevoelens op hol te jaag. Wanneer hulle egter met feite gekonfronteer word word die wind uit hulle seile gehaal.
- ‘n Feminis het Jordan B Peterson persoonlik aangevat toe sy nie ‘n argument kon wen nie.
- Student dink sy is baie slim met haar debat oor pro-lewe
- Die Biden en Trump debat. Vyf hoogtepunte
Reis verder
- Die Naguil is ‘n gratis aanlyn koerant wat maandeliks op die webblad verskyn.
- Kosreise met resepte en kos stories
- Stories – reis stories, trein stories, kos stories, polisie stories, kombuis stories
- Bou jou eie webblad met WordPress
- We also publish original articles, stories and opinions in English
Discover more from Amanda Skrywer
Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Leave a comment