Impulsief of spontaan

0
(0)
impulsief of spontaan

Impulsief en spontaan – die een is soos die ander. Is dit regtig dieselfde?

Die ooreenkomste tussen impulsief en spontaan is dat altwee op die ingewing van die oomblik gebeur. Daar is egter wel verskille.

IMPULSIEF

My definisie is dat impulsief soos ek reeds gesê het op. die oomblik gebeur en dit kan goeie of slegte gevolge hê byvoorbeeld:

Sannie loop kafee toe en op haar pad sien sy twee van haar maats wat dagga rook en drink onder ‘n boom langs die pad. Sonder om eers ‘n gedagte te gee aan die gevolge doen sy dan dieselfde terwyl haar Ma tevergeefs wag vir die melk en brood wat sy veronderstel was om te gaan koop.

Jan ry met sy fiets en swenk na regs op dieselfde tyd as wanneer ‘n motor verby jaag.

SPONTAAN

Alhoewel spontaan ook op die oomblik gebeur het dit positiewe gevolge byvoorbeeld:

Gert het pas ‘n koeldrank gekoop met sy laaste geld om te drink in die versengende hitte. Hy sien ‘n straatkind wat in die asdrom krap. Sonder om te aarsel, gee hy sy koeldrank vir die kind.

‘n Ou Tante stap oor die pad. Sy sukkel met die motors wat ongeduldig is. ‘n Jong man raap haar in sy arms op en dra haar oor die pad.

Die gevolge

Mense wat impulsief optree wil of kan nie aan enige gevolge dink nie. Hulle doen net en dit kan mens soms teen die mure uitdryf. Sulke mense het swak impuls kontrole en baie van hulle beland in die moeilikheid oor hulle gedrag en baie beweer dan dat hulle net eenvoudig nie gedink het nie. Dit het baie met ‘n mens se persoonlikheid te doen.

Mense wat spontaan optree bring weer meestal vreugde in ander se lewens. Hulle benadeel niemand met hulle gedrag nie. Hulle optrede is ‘n positiewe op die oomblik ding.

How useful was this post?

Click on a star to rate it!

Average rating 0 / 5. Vote count: 0

No votes so far! Be the first to rate this post.

We are sorry that this post was not useful for you!

Let us improve this post!

Tell us how we can improve this post?


Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

No racism, hate speech, explicit language.

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading