Jy is in beheer
JY IS ‘N SLAGOFFER OF BESTUURDER VAN JOU LEWE
Die keuse is joune. Dis reg ja dis jou keuse hoe jy die lewe wil hanteer.Vir baie lank het ons (en dit sluit my beslis in) geglo dit wat met ons in ons lewe gebeur is ons lot. Dis eintlik net ‘n gemaklike verskoning om nie die stuurwiel op te tel en self ons lewe te bestuur nie.
Jy is in beheer van jou lewe.
MY STORIE
Ek was stuck in ‘n rat en baie jammer vir myself. Jy sien ek was 5 jaar oud toe my Pa in ‘n motorongeluk gesterf het wat veroorsaak het dat ek in ‘n enkelouer gesin grootgeword het. Ek was 28 met twee kinders van 5 en 3 jaar oud toe my man ook in ‘n motorongeluk gesterf het. Daar is nog vele slegte dinge wat in my lewe gebeur het, maar ek gaan julle nie nou daarmee verveel nie.
JY KAN NIE ALTYD BEHEER WAT GEBEUR NIE
Die twee groot dinge hierbo was nie iets waaroor ek beheer gehad het nie en ek het myself toenemend gesien as ‘n slagoffer van my omstandighede. Moenie my verkeerd verstaan nie. Enkelouer wees is ‘n hengse groot werk en verantwoordelikheid. Die ding is net dat deur die sukkel en swaarkry het ek so verweef in my eie swaar en seerkry geraak dat ek nie kon sien hoe ek enigiets anders as net ‘n slagoffer kan wees nie.
‘N PRAAITJIE DEUR ALISON
Alison Botha is ‘n vrou in Suid Afrika wat een nag deur 2 mans oorval is, meermale verkrag is, keelaf gesny is en vir dood agtergelaat is MAAR sy het oorleef en haar storie vertel.
Ek het na haar gaan luister kort na die aanval en terwyl haar verhaal aangrypend was, was dit haar woorde wat my die diepste geraak het: Jy kan nie altyd beheer wat met jou gebeur nie, maar jy besluit hoe jy dit wil hanteer. Ek het net gedink dis mos nie moontlik nie.
DR PHIL MAAK ‘N DRAAI
Jare later sou ek deur Dr.Phil se boeke Selfmatters en Life strategies werk waar ek weereens gekonfronteer is daarmee dat die keuse by my aleen lê wat ek met my lewe maak. Dit was eers nadat ek die slagoffer klere uitgetrek het en my super held mantel om my skouers gehang het, dat ek die verskil in myself en my lewe kon sien.
JY KAN DIT OOK DOEN
Kyk in die spieël. Jy is jou eie super hero. Jy het meer innerlike krag en sterkte as wat jy mag dink.
Lees meer oor dankbaarheid en hoe dit jou lewe kan verander.
My Engelse webblad nl. Let’s make tea bied die leser nog leesstof.
Leave a comment - Please no racism, hate speech or explicit language. Thank you