Neem jou eie besluite

neem jou eie besluite

“Ek is groot ek kan my eie besluite neem”. Dit klink bekend nie waar nie. Dis reg, neem jou eie besluite.

Dis jou reg

Dit is goed om jou eie besluite te neem en jou lewe te bestuur soos wat jy goed dink. Jy is in beheer van jou lewe, jy bepaal die rigting waarin jou lewe beweeg. Dit wat jy dink, doen en sê is jou verantwoordelikheid, ook die besluite wat jy daagliks neem.

Jou besluite en die mensdom

Dis goed en wel om jou eie besluite neem solank ander mense se lewens nie omver gegooi word en van mense verwag word om hulle lewens te ontwrig sodat jou besluite voorrang kan geniet nie.

Wanneer jou besluite ander se lewens kompliseer

  • Die volwasse kind wat besluit om gratis by sy ouers te bly terwyl hy geen positiewe bydrae tot die huishouding lewer nie. Hy/sy help nie huis skoonmaak nie, nooi vriende oor en verwag van sy of haar ouers om reg te staan.
  • Jan wat saam met die buurman werk toe ry om petrol te spaar en sy eie motor se onderhoudskostes tot die minimum te beperk.
  • Bertus is die man in die huis en neem die besluit om in ‘n skema geld te belê sonder dat sy vrou daarin geken is. Die skema kom tot ‘n val en die gesin verloor alles oornag.
  • Sandra besluit sy wil kinders hê en raak doelbewus swanger en dit sonder dat sy ‘n inkomste of huis het. Sy woon by haar ouers en dus word haar ouers ingetrek by haar besluite en word haar Ma die babawagter terwyl haar Pa sy aftrede uitstel sodat hy vir almal kan sorg.

Sommige mense het goedkeuring nodig voordat hulle enige besluite van hulle eie neem. Dis weer die teenoorgestelde van bogenoemde. Die neem van jou eie besluite is ‘n balanseer toertjie wat fyn beplanning verg.

Leave a comment - Please no racism, hate speech or explicit language. Thank you

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.