Rigtingwysers vir jongmense

Rigtingwysers vir jongmense

Rigtingwysers vir jongmense. Jongmense is meer verlore en rigtingloos as enige ander generasie. Veral in Suid Afrika. Kinders skryf matriek en weet nie wat hulle volgende gaan doen nie. Tieners slenter doelloos deur die strate terwyl die ouers beide werk. Kinders speel op selfone of kyk die een kort video na die ander.
Kinders moet besig bly
So het die ouer mense geglo. Kinders het take gehad om te voltooi en moes help met huis en tuin werk. Na skool het meeste seuns verpligte diensplig gedoen. Meeste van daardie seuns en ouers voel steeds dat diensplig ‘n positiewe uitwerking op die jong seuns gehad het. Dit het hulle rigting gegee vir die lewe vorentoe. Terwyl diensplig hoog aangeskryf word, was daar ook die deelname aan kultuur organisasies. Elke jong kind het blootstelling aan Volkspele en Voortrekkers gehad tydens hulle skoolloopbaan.
Watter positiewe aktiwiteite is nou deel van die jonges se opvoeding?
Bykans niks. Dit is die skokkende uitslag van opnames onder die jeug. Meer as die helfte van kinders bo 14 neem aan geen buitemuurse aktiwiteite deel nie.. Dit sluit kultuur organisasies in. 43% van die jongmense is nie aktief betrokke by godsdiens nie en gaan nooit kerk toe nie. Met die werkloosheidsyfer op 31.9% lyk die toekoms vooruitsigte vir jongmense uitdagend en ietwat bleek.
Rigtingwysers vir jongmense
Jongmense van vandag het positiewe rolmodelle, besigheids en loopbaan vooruitsigte nodig en geestelike leiding. Die Voortrekkers sowel as die Engelse Scout beweging en Landsdiens is bekostigbaar. Hulle is positiewe organisasies wat die jongmense lewensvaardighede leer in ‘n beskermde omgewing. Dan is daar ook jeugprogramme in Natuurbewaring en diere organisasies waarby die jongmense kan inskakel. Kinders moet besig bly en dinge doen waar hulle vaardighede kan leer wat hulle kan help in hulle volwasse lewe en waar hulle produktiewe lede van die samelewing kan wees.
Tien uit tien vir die ouers en kinders wat reeds ‘n produktiewe lewe lei.
Reis verder
- Die Naguil is ‘n gratis aanlyn koerant wat maandeliks op die webblad verskyn.
- Kosreise met resepte en kos stories
- Stories – reis stories, trein stories, kos stories, polisie stories, kombuis stories
- Bou jou eie webblad met WordPress
- We also publish original articles, stories and opinions in English
Discover more from Amanda Skrywer
Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Leave a comment