Naguil koerant uitgawe 4 van 2022
Naguil koerant uitgawe 4 van 2022 nou beskikbaar op die webblad met nuwe nuus brokkies en interressanthede. Die Naguil is ‘n aanlyn koerant wat weekliks op Amandaskrywer gepubliseer word met Bertie die Naguil as gasheer . Reageer op die blou skakel in die storie en dit sal jou neem na die oorspronklike. Geniet.
Bertie aan die beurt
Haloooo vriende. Hoop julle het ‘n goeie week gehad en dat julle gereed is vir wat hierdie jaar ons bied. Hier in die woud gaan dinge dik met al die kinders wat terug gaan skool toe.
Skrywer sêgoed
Hierdie week huldig ons CF Beyers-Boshoff en sy sêgoed
“As jy skryf, moet dit wees soos ’n stuk rou lewer wat jy op wit satyn gooi. Vir subtiliteit is daar in kommersiële skryfwerk min plek.” (Die Burger, 20 Desember 1989)
“’n Skrywer se werk klink altyd vreeslik romanties en wonderlik, maar elke woord wat geskryf word, is harde werk.” (Transvaler, 12 April 1984)
“Ek doen maar net nog ’n werk. Inspirasie laat dit ‘classy’ klink. Ek is eintlik ’n storieverteller en as ek die eerste paar idees vir ’n storie neergepen het, loop hy vanself.” (Transvaler, 25 Junie 1982)
Sy bestanddele vir ’n gewilde storie is “iemand om te haat, iemand om voor jammer te kry, iemand wat jou ’n bietjie laat lag en twee wat mekaar liefhet en wat van mekaar af weggehou word. Klits dit goed, gooi genoeg ‘padding’ soos patos, humor en liefde by en siedaar, die storie is klaar.” (Transvaler, 25 Junie 1982)
Oupa Leesuil gesels boeke en sy mense
- Daar is soveel boeke oud en nuut in Afrikaans. Wat ‘n fees van woorde. Ons kyk hierdie week na leesstof vir die jonges.
- Losprys in Parys geskryf deur Nerine Ahlers is ‘n jeugverhaal en handel oor Dienkie, ‘n 17 jarige jong meisie wat na Parys gestuur word. Haar ouers is albei advokate en vrees vir haar veiligheid. In Parys is baie avonture en ‘n man genaamd Sergio.
- Vyf skrywers is gevra om elkeen 5 boeke uit te wys as hulle gunsteling kinder boeke vir 2021. Dus 25 kinder boeke om uit te kies.
Stories oor plekke en sy mense
- Ek wil graag met julle ‘n lied deel wat deur Jak de Priester geskryf en gesing is. Die lied se titel is Emigrasie en ja dit gaan oor mense wat hulle land van geboorte verlaat vir ‘n ander land. Dit laat my dink aan die voëls in die natuur wat van een land na ‘n ander land vlieg vir ‘n beter lewe. Baie van hulle maak dit nie tydens die vlug nie, terwyl ander floreer.
- ‘n Sneeu storm in Suid Carolina en die arrestasie van Elsa die sneeukoningin van Frozen faam sorg vir ligte vermaak. Oja en die Polisie is ook betrokke.
Roep,roep my storie is uit
So kom ons dan aan die einde van nog ‘n naguil Hoop julle het die uitgawe geniet. Tot volgende week. Mooi loop.
Groetnis vanuit die woud
Bertie
P.S. Julle is welkom om julle bydraes van mense, plekke in te stuur vir oorweging of sommer net saam te gesels. Rig julle skrywes aan Bertie.
Leave a comment - Please no racism, hate speech or explicit language. Thank you