Begin jou eie webblad
Begin jou eie webblad. Hoekom nie? Wat het jy om te verloor? Daar is so baie moontlikhede. Jou eie huis op die Internet.
Dit was toe
Jare gelede toe mense stokperdjies beoefen het, het mense aan fisiese klubs behoort waar hulle met mense wat soos hulle dink kon kommunikeer. Dikwels het mense self so ‘n klub begin byvoorbeeld ‘n blokraaisel klub wat deur slakkepos en later per e-pos bedryf is. So was daar naaldwerk klubs en miniatuur motor klubs om net ‘n paar te noem.
Dit is nou
Dinge het die afgelope 20 jaar dramaties verander. Meeste slakkepos en e-pos klubs is vervang met ‘n Internet gebaseerde teenwoordigheid. Die wonderlike ding van die Internet is dat enige een met Internet verbinding sy eie teenwoordigheid kan skep met minimale kostes. Jy kan ‘n aanlyn klub stig om jou gunsteling stokperdjie met ander te deel of jy kan ‘n 1 bladsy webblad maak om jou besigheid en/of diens bekend te stel. Dalk ‘n blog waar jy jou daaglikse lewe met ander deel.
Die doel van ‘n webblad
Gaan met ‘n oop gemoed in die webblad wêreld in. Wees realisties oor jou verwagtinge. Indien jou enigste doel is om geld te maak gaan jy heel waarskynlik teleurgesteld wees. Daar is geen vinnige manier van geld maak op die Internet nie. Dit neem tyd om ‘n Internet teenwoordigheid te vestig en selfs gevestigde mense maak nie miljoene rande nie behalwe vir ‘n klein groepie “influencers”.
‘n Webblad of sosiale teenwoordigheid
Ek kan dit nie genoeg sê nie. Sosiale media behoort aan iemand anders en kan enige oomblik vou of jy kan om een of ander rede verban word en dan is jy en jou harde werk daarmee heen. Kyk gerus hierdie video oor die toekoms van sosiale media. Mense bou dikwels hulle hele lewe op sosiale media en dit is ‘n resep vir ‘n ramp. Niks hou vir altyd nie. Dis soos om jou huis op die sand te bou en jou oë toe te maak vir die storm wat aan die kom is. Jy kan steeds ‘n sosiale media teenwoordigheid hê. Sorg net dat al jou eiers nie in een mandjie is nie. Dis waar ‘n webblad in kom.
Begin jou eie webblad
Baie van ons het begin op platforms soos Blogger. Dis egter dieselfde storie as sosiale media platforms. Steeds is iemand anders in beheer van jou harde werk en kan die maatskappy enige oomblik van die lug af verdwyn. Vermy sulke platforms. Daar is egter fooie aan beskikbaar om op jou eie bene te staan.
Finansies
- Koop jou eie domein.
- Kry ‘n Webblad diens verskaffer soos Elitehost,Webafrica, Afrihost en meer.
- Koop jou eie domein. Die Suid Afrikaanse domeins co.za is die mees algemeenste terwyl die .com domeins die internasionale norm is.
- ‘n Domein kos tussen R90 en R300 per jaar afhangende van die agtervoegsel.
- Webblad diens verskaffer fooie kos enige iets van R45 per maand afhangende van die pakket.
Internet diensverskaffer
Jy het ook ‘n Internet diens verskaffer nodig en afhangende van die pakket kan dit jou enige iets van R250 per maand kos. Daar is wireless en broadboand.
Dis ongeveer die koste aan verbonde. Verder is dit min of geen kostes nie. Noudat jy jou eie domein het is dit tyd om jou eie webblad te maak. Ja jy kan dit self doen
Begin jou eie webblad
In die begin dae het ons basies net html gehad en het dit tyd geneem om alles te leer. Daar is steeds mense wat daarvan hou om html te leer en Lissa explains it all is die beste daarmee. Daar is baie webblad bouers. Vir hierdie artikel fokus ek egter op WordPress. Dit is gratis en relatief maklik om te gebruik. Die proses om jou eerste webblad op die Internet te kry is makliker as wat jy mag dink.
WordPress
- Laai wordpress af op jou rekenaar.
- Gebruik 7zip om die hoofleêr oop te sluit.
- Laai die leêrs op jou domain
- Die basiese wordpress lyk na niks besonders nie. Moenie skrik nie
- Gaan na Themes en soek ene wat gratis is en waarvan jy hou
- Vervang die teks en foto’s met jou eie.
- Nou het jy jou eie webblad wat jy self kan opdateer.
Daar is nog baie meer omtrent wordpress se funksies om te leer en met ‘n volgende artikel sal ons kyk na hoe jy wordpress kan verbeter met plugins.
Daar is geen rede hoekom jy nie jou eie webblad kan hê nie. Jy kan ‘n basiese webblad in ‘n dag of twee aanmekaar slaan en dan net met die tyd verbeter.
Hoop jy voel nou geïnspireerd. Geniet die proses en laat weet hoe jy vorder.
Leave a comment - Please no racism, hate speech or explicit language. Thank you