Enkelouers se uitdagings

0
(0)

How useful was this post?

Click on a star to rate it!

Average rating 0 / 5. Vote count: 0

No votes so far! Be the first to rate this post.

We are sorry that this post was not useful for you!

Let us improve this post!

Tell us how we can improve this post?

Enkelouers se uitdagings

Enkelouers se uitdagings is baie en nie net van omstandighede en die publiek nie maar ook van familie. Enkelouers is mans en vrouens, geskei, weduwee of wewenaars of enkelinge wat kinders aanneem. Ek het as kind in so ‘n huis groot geword na my Pa se dood toe ek 5 jaar oud was. Dan was ek ook die enkel Ma na my man se dood toe hy 30 en ek 28 was. My Ouma was ook enkel Ma in die 1940’s na my Oupa oorlede is van brein kanker.

Geskeide teenoor Afgestorwenes

Daar is beslis verskille tussen die twee tipes enkelouers:

  • Geskeide ouers het hulle eie uitdagings deurdat albei ouers moet saam werk om hulle kinders groot te maak. Terwyl daar baie is wat goed saam werk is daar ook diegene wat net nie met mekaar oor die weg kan kom nie. Venynigheid en Bitterheid teenoor die ander ouer veroorsaak dikwels spanning tussen die ouers en hulle kinders.
  • Daarteenoor moet die weduwee/wewenaar die dood van hulle wederhelfte verwerk met wie hulle meestal ‘n goeie verhouding gehandhaaf het. Hartseer en verlange kan omsit in depressie en afhanklikheid tussen die oorblywende ouer en die kinders.

Ooreenkomste

Daar is egter ook ooreenkomstes wat alle enkelouers moet hanteer

  • Alle enkelouers sukkel met verwerping, aanvaarding.
  • Daar is geen buffer vir die ouer nie. Hy of sy sit alleen by die siek kind en moet al die kind se vrae beantwoord.
  • Dit raak veral ‘n probleem wanneer die kinders in hulle tienerjare inbeweeg. Jy as ouer staan dan alleen wanneer jou tienerkind ongeskik is, deure toeslaan. Daar is nie ‘n ander ouer wat jou help nie. Geen Pa wat bulder: “Dis nou genoeg” nie.

Ander se reaksies

  • Mense is te dikwels gou om hulle mond uit te spoel. “Ja dis tipies van enkelouers se kinders”
  • Kritiek is baie en mense spreek dit maklik uit. Sou hulle dit ook doen indien daar nog ‘n ouer teenwoordig was – wonder ek?
  • Familie kan met tye ondersteunend wees en ander kere giftig wees. “Ja ek het jou mos gese jy maak die kind vir die verderf groot”

Dis nie maklik om kinders alleen groot te maak nie. Daar is nie ‘n flopvrye resep nie. Doen die beste wat jy kan, leer uit jou foute en wees gaaf met die enkelouers rondom jou en met jouself

Explore / Reis verder

  • Kosreise met resepte en kos stories – Food travel with recipes and stories about food
  • Die Naguil is ‘n gratis aanlyn koerant wat maandeliks op die webblad verskyn. – Online newspaper
  • Stories – reis stories, trein stories, kos stories, polisie stories, kombuis stories
  • In-depth investigations – In-diepte ondersoeke.
  • Teetyd kuiers – Teatime chats – Light hearted chats
  • Begin jou eie webblad met WordPress – start your own website
  • We also publish original articles, stories and opinions in English

How useful was this post?

Click on a star to rate it!

Average rating 0 / 5. Vote count: 0

No votes so far! Be the first to rate this post.

We are sorry that this post was not useful for you!

Let us improve this post!

Tell us how we can improve this post?


Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Leave a comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading

Amanda Skrywer is now on Facebook and Goodreads