Kersfees met Nataniel

0
(0)

Kersfees met Nataniel

Kersfees met Nataniel. Ja dis waar regtig. Wel soort van. Hy het in my tuisdorp opgetree met sy nuwe vertoning en Sweetie – sy nuwe boek vol spik splinter nuwe stories. Kersfees plesier. Wat ‘n Kersfees. Nou voel dit regtig soos Kersfees. Sweetie se omslag is net so vermaaklik soos die man homself. Hierdie jaar se vertoning 🍃DIE NATANIËL KERSKONSERT was ‘n goeie afsluiting na ‘n moeilike jaar en ek was bevoorreg om dit saam met ‘n goeie skoolvriendin by te woon. Ons het bietjie vreugde in ons lewens nodig gehad en soos altyd was Nataniel medisyne vir die siel.

Nataniel is uniek, snaaks, talentvol en een van my gunsteling kunstenaars.

Sy lewendige vertonings is klassiek, professioneel en stel nooit teleur nie. So ook sy TV reekse. Die Edik van Nantes reekse was van sy bestes. Hy en sy broer maak ‘n goeie span en ek het die reekse oor en oor gekyk totdat Showmax dit verwyder het na hulle vernuwings. Wie onthou nog sy advertensies om die DeKat tydskrif te verkoop. Hy het die advertensies al afgesluit met: “Koop net die bleddie tydskryf” . Sy kaalkop reeks boeke vol stories mag dalk geen pryse wen nie maar dit is sulke lekker ontspannende leesstof.

Viva Nataniel. Ek sien uit na jou volgende TV reeks, vertoning en boek. Jy het die hele pakket. Charisma, Talent, Kundigheid en jy verstaan jou gehoor. Jy het my eerste Kersfees tuis baie spesiaal gemaak. Dankie vir ‘n onvergeetlike aand en ‘n vroeë Kersfees saam met jou.

Reis verder

  • Die Naguil is ‘n gratis aanlyn koerant wat maandeliks op die webblad verskyn.
  • Kosreise met resepte en kos stories
  • Stories – reis stories, trein stories, kos stories, polisie stories, kombuis stories
  • Bou jou eie webblad met WordPress
  • We also publish original articles, stories and opinions in English

How useful was this post?

Click on a star to rate it!

Average rating 0 / 5. Vote count: 0

No votes so far! Be the first to rate this post.

We are sorry that this post was not useful for you!

Let us improve this post!

Tell us how we can improve this post?


Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Leave a comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading

Amanda Skrywer is now on Facebook and Goodreads