Ons lewe in seisoene

Ons lewe in seisoene
Ons lewe in seisoene in ons tyd op aarde en net soos die weer seisoene is elke lewens seisoen spesiaal en moet ons dit geniet.
“Spring passes and one remembers one’s innocence.
Summer passes and one remembers one’s exuberance.
Autumn passes and one remembers one’s reverence.
Winter passes and one remembers one’s perseverance.”
― Yoko Ono
Lente – 0 tot 19 jaar
Lente beteken nuwe lewe, ‘n vars nuwe begin. Ons word gebore en groei van ‘n pap babatjie tot waar ons gereed is om op ons eie te gaan. Van kruip en loop tot tienerjare en klaar maak met skool.
Somer – 20 tot 39 jaar
Dis ons opwindende fase waarin ons nuwe dinge ervaar, liefde vind, trou en met ‘n gesin begin. Ons eerste huis, werk, motor. Die son skyn helder.
Herfs – 40 tot 59 jaar
In hierdie seisoen is ons aan die toppunt van ons lewe wanneer die seisoen begin. Meeste van ons is dan gevestig in ons werk en verhouding. Daar is nog baie om te doen voor die seisoen eindig.
Winter 60 tot 79 jaar
Die winter seisoen gee ons ‘n 2de kans – ‘n weer begin. Dis asof ons weer aan die begin van ons lewe staan met nuwe belangstellings en ‘n rustigheid wat ons omvou. Ons kan niks verander aan die foute wat ons gemaak het nie – ons kan wel in ons winter seisoen dinge anders doen.
Bonus seisoen – 80 jaar en ouer
Baie meer mense geniet nou die bonus seisoen wat sy eie vreugdes en uitdagings bring. Jy het ‘n vol lewe gehad en dis tyd om die goeie te koester en die slegte te laat gaan.
Explore/Kuier verder
- Kosreise met resepte en kos stories – Food travel with recipes and stories about food
- Die Naguil is ‘n gratis aanlyn koerant wat maandeliks op die webblad verskyn. – Online newspaper
- Stories – reis stories, trein stories, kos stories, polisie stories, kombuis stories
- In-depth investigations – In-diepte ondersoeke.
- Teetyd kuiers – Teatime chats – Light hearted chats
- Begin jou eie webblad met WordPress – start your own website
- We also publish original articles, stories and opinions in English
Discover more from Amanda Skrywer
Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Leave a comment