Elke mens smag na aanvaarding

0
(0)

Elke mens smag na aanvaarding. Ons is kudde “diere” en het ‘n behoefte om te behoort. ‘n Veilige plek waar ons opinie saak maak en waar ons kan sag val wanneer ons seer gekry het.

ROMEINE 15:7 – Julle moet mekaar aanvaar, soos Christus julle ook aanvaar het. Dan sal al die mense vir God prys.

Die mens het ‘n ingebore behoefte aan aanvaarding en vreees verwerping. Selfs diegene van ons wat hou van alleen wees het hierdie basiese behoefte. Ons sluit by organisasies aan, vind vriende wat van ons hou en doen dinge om aanvaar te word in ons gemeenskap en familie. Dis nie verwaand of arrogant nie. Dis net menslik. Natuurlik raak dit ‘n probleem wanneer alles oor ons gaan en ander nie deel is daarvan nie. Dit werk mos maar beide kante toe. Soms doen ons dinge vir ander al hou ons nie daarvan nie. Deernis en aanvaarding vir ander.

God, skenk my die kalmte om te aanvaar wat ek nie kan verander nie, die moed om te verander wat ek kan verander en wysheid om die verskil tussen hulle te onderskei. -Reinhold Niebuhr

1. Soms doen ons aansoek vir ‘n werk wat ons glo vir ons bedoel is – en dan kry ons nie die werk of verhoging nie.
2. ‘n Familie lid of vriend laat ons in die steek of is nie lojaal teenoor ons nie
3. Ons lewens maat vind iemand anders en verwerp ons

‘n Plaaslike predikant het ‘n kerk met sy eie twee hande gebou wat hom meer as 10 jaar geneem het om te doen. Hy het dit as sy roeping gesien om ‘n kerk te bou. Twee jaar na die inwyding van die kerk het die lidmate hom afgedank en vervang met ‘n ander predikant. Hulle het bedreig gevoel. Die bouer predikant het sy verwerping deur die gemeente in oorwinning omgesit deur weer ‘n kerk te bou. ‘n Klein groepie lojale mense het saam met hom die nuwe kerk gebou ingewy. Vandag bars die nuwe kerk uit sy nate.

Kuier verder

  • Die Naguil is ‘n gratis aanlyn koerant wat maandeliks op die webblad verskyn.
  • We also publish original articles, stories and opinions in English
  • Kosreise is ‘n webblad met resepte en reis stories

How useful was this post?

Click on a star to rate it!

Average rating 0 / 5. Vote count: 0

No votes so far! Be the first to rate this post.

We are sorry that this post was not useful for you!

Let us improve this post!

Tell us how we can improve this post?


Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

No racism, hate speech, explicit language.

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading