Lysies tot vervelens toe
Welkom by Teetyd kuiers. Ontspan lekker met ‘n koppie tee en gesels saam
Lysies tot vervelens toe
Lysies tot vervelens toe. Dis nou ekke daai. Onthou lysies, Inkopie lysies, Tuin lysies, Lees lysies. Noem dit op en daar is ‘n lysie in my handsak, broeksak of teen my yskas. Dit het donkie jare gelede begin.
Tydens my skooljare het ek lysies gemaak om te leer
Lysies van elke vak en wat ek moes doen om sekere mylpale te behaal. Soos byvoorbeeld tydsindeling vir elke vak. Te dikwels het dit my gehelp om meer te droom as te leer. Ek het ure in my kamer spandeer om lyste te maak van aktiwiteite en het dit agter in my huiswerk boek geskryf sodat ek dit gereeld kon bekyk en verander soos my besige tienerjare dit vereis het. Nou klink dit asof ek ‘n sosiale tiener vlinder was. Allesbehalwe. My lewe het bestaan uit kerk, lees en familie en alles het ‘n plek en ‘n tyd gehad.
Lees en skryf
Boeke was nog altyd deel van my lewe. In die dae voor televisie en die internet was boeke my grootste tydverdryf. Steeds hou ek rekord van die boeke wat ek reeds gelees het en wat ek nog wil lees. Eintlik spaar dit my baie tyd om boek te hou van my lees geskiedenis. Skryf is ‘n ander groot liefde en ek sal in die middel van die dag of nag aan idees dink en dit neerskryf.
Lysies tot vervelens toe
Sommige mense het ‘n wonderlike geheue en kan dinge maklik onthou. Ek is egter nie een van hulle nie. Daarom skryf ek als neer wat ek wil onthou en doen. Winkel lysies help my om te onthou wat ek moet koop – en dit help my om nie onnodig geld uit te gee nie. Huis en tuin dinge soos verbeteringe wat ek wil aanbring help my om gefokus te bly. So hou ek ook dagboek van my lewe en my gevoelens. Skryf terapie wat help om my siel en gees gesond te hou.
Amandaskrywer
25 November 2024 at 8:33 pmJa mens, sonder lysies is ek velore
scrapydo2.wordpress.com
19 November 2024 at 12:29 amEk voel vir jou of te wel met jou. Tydens my skoolhou dae kon ek net nooit kinders se name in begin van jaar onthou nie. Het snags gesit en neerskryf wie daar is en dit dan voor ek slaap probeer om almal op te sê( meestal ‘n week se nagte gevat voor ek almal onthou het). Nou op my hooge ouderdom maak ek lysies in my kop om die pad en dorpe te ontou na verskillende dele in Suid-Afrika waar ek al was. Gelukkig hou dit ‘n mens se brein lewendig.