Ek kry lewe in die winter

Ek kry lewe in die winter en my energie vlakke styg. Dis nie asof ek dit so beplan nie, dit gebeur net. Die winter is goed vir my.

Wintertyd

Dis nie net diere wat hiberneer in die winter nie, die mensdom is ook geneig om dit te doen. Wat is dan lekkerder as om in die winter op die bank in sonnetjie te lê met ‘n boek? Lekker tye. Groot geword in Oudtshoorn. In die hartjie van die winter het die kwik onder vriespunt gaan lê. Ek onthou nog hoe ons skool toe gery het op die fietse met drie pare handskoene aan en 2 serpe. Daardie windjie was snerpend koud.

Die tyd stap aan

Alhoewel die tyd nie stilstaan nie, is daar steeds 4 seisoene in ‘n jaar en die winters is steeds koud en tog is die winters nou anders. Voorheen was die warm klere en warm water sak die in ding, nou is die winter anders vir my.

Ek kry lewe in die winter

Die winter het vir my ‘n nuwe betekenis gekry in 2012 toe ek my eerste huis verbetering aangepak het. Om een of ander rede het die huis verbetering aan die begin van die winter begin en regdeur die winter aangehou. Ek dink eintlik dit het gebeur omdat die somer so warm was en dit gemakliker was om die werk in die koeler weer te doen. Ek onthou wel hoe die werk tot laat in die aand aangehou het.

Na die voltooiing van die eerste projek het vele ander gevolg en elke keer in die winter.

2021 se winter projek

Glo dit of nie. Hierdie winter se projek is die oordoen van die tuin. Die projek is weer gebonde. Sommige dae reën dit of die wind waai storm sterkte. Dis wel beter om in die koeler weer in die winter son in die tuin te werk.

Nou die dag het die grade weer by vriespunt gaan draai met reën en wind en net daar klim ek onder die komberse in met my warm water sak en ‘n boek en my hond Millie as geselskap. Salig.

Leave a comment - Please no racism, hate speech or explicit language. Thank you

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.