Ek hou van briewe skryf

0
(0)
ek hou van briewe skryf

Ek hou van briewe skryf. Van kleins af. Sondae het ons briewe vir familie en vriende geskryf by die eetkamer tafel op mooi papier. Na kerk het ons die briewe gepos en dan het die groot wag begin. Wanneer die posman by ons huis stilgehou het, het ons mekaar verdring om eerste by die posbus uit te kom. My Ouma het die mooiste briewe geskryf. Sulke persoonlike liefdevolle briewe wat na haar geruik het.

Posbus briewe is vervang met e-pos briewe

Daar is nie meer baie posmanne oor nie en min mense skryf nog regte briewe. Ek moet bieg – ek stuur ook makliker e-pos briewe deesdae veral as ek vinnig iets wil sê – en gou ‘n antwoord wil terug hê. Dis egter nie al rede waarom ek hou van briewe skryf nie. Ek kan myself soveel beter uitdruk in ‘n brief.

Ek hou van briewe skryf

Boodskappe tik op die selfoon is maklik en gerieflik. Brief skryf neem meer tyd. Ek verkies egter briewe skryf bo gesproke kommunikasie. Dis makliker om myself in ‘n brief uit te druk. Ek kan dit lees en weer lees totdat dit duidelik is – sonder misverstande. SMS taal hou ek niks van nie. Dit voel of mens ongeletterd is met sinnelose woorde. Ek skryf graag briewe om ander geluk te wens met verjaarsdae, geboortes en ander vreugdes. Dan skryf ek graag dankie briewe aan mense wat vir my iets beteken het in die lewe. Waneer probleme opduik verkies ek om briewe te skryf om my saak te stel en vrede te maak. Ek skryf ook briewe vir besighede en mense wat ‘n indruk op my gemaak het.

Nie almal hou van my briewe nie

Ongelukkig is almal nie so passievol soos ek oor briewe skryf nie. Daar is al in geen onduidelike taal vir my vertel hoe dit hulle irriteer dat ek alewig briewe skryf. Maak jou mond oop en praat is die raad wat uitgedeel word. Dis egter nie ek nie dus gaan ons woorde verby mekaar.

Prins Charles van Brittanje hou ook van briewe skryf.

How useful was this post?

Click on a star to rate it!

Average rating 0 / 5. Vote count: 0

No votes so far! Be the first to rate this post.

We are sorry that this post was not useful for you!

Let us improve this post!

Tell us how we can improve this post?


Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

2 Comments

  1. scrapydo2.wordpress.com

    21 June 2022 at 6:00 am

    Ons het baie in gemeen. Ek hou ook van briewe skryf. Daar is ook al vir my gese om te praat en op te hou om dit te skryf. Tog bly briefskryf vir my meer intiem.

    1. Amandaskrywer(Aduppie)

      6 July 2022 at 6:47 pm

      Ek stem saam. Dis jammer mense waardeer nie meer briewe nie

No racism, hate speech, explicit language.

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading