Amerika is ‘n vreemde plek

Amerika is 'n vreemde plek

Amerika is ‘n vreemde plek met vreemde idees, wette, mense en alles en nog wat. Tog is hy ‘n Land wat die wêreld lei.

Politieke stelsel

Amerika is ‘n demokratiese land. Hulle politieke stelsel werk ietwat anders as die van Suid Afrika. Amerika het verskillende state elkeeen met sy eie wette bv. In die een staat word jy verplig om maskers te dra terwyl ‘n ander staat geen aandag daaraan gee nie. Hulle verkiesings wentel rondom die Demokrate en die Republikeine.

Kriminele stelsel

Soos in die Politieke stelsel is daar ook verskillende kriminele stelsels in die verskillende state soos byvoorbeeld is die doodstraf wettig in sekere dele en nie in ander dele nie. Dit is ‘n komplekse netwerk van wette en howe.

Veglustige Amerika

Dit is alombekend dat Amerika gek is oor privaat wapen besit en oorlogvoering. Amerikaners se ketting winkels verkoop enige wapen van sy winkel rakke af. Handwapens asook swaar kaliber wapens soos AK47. Daar is bykans geen wette rondom wapens nie en inwoners kan onder die Stand your Ground wetgewing enige iemand skiet wat ‘n bedreiging vir hom inhou. Massa skietvoorvalle is algemeen in Amerika – selfs kinders loop met wapens rond. Amerika se obsessie met wapens word duidelik geillustreer deur die no 1 sluipskutter van Chris Kyle wat gedink het dit is raadsaam om ‘n sielsieke na ‘n skietveld te neem om van sy stres ontslae te raak – Chris en sy vriend Chad is deur die man doodgeskiet.

Hollywood

Van een uiterste na ‘n ander. Hollywood is die hart van Amerika. Dit is waar sprokies gebore word. Films, musiek, Teater – noem maar op. Amerika se vermaaklikheids industrie is die grootste ter wêreld. Die sterre word miljoene betaal en word soos koninklikes behandel. Dan is daar die aanhangers – fanaties oor hulle gunsteling kunstenaar. Hulle maak bewonderaarsklubs vir enige ene – daar is selfs aanhanger klubs vir piesangs en tamatiesous en die Lochness monster.

Menseregte en Rasisme

Amerika het nie ‘n goeie menseregte rekord nie. Polisiegeweld is algemeen. Amerika se Polisiemag is sommer ook die verkeers Polisie. Die Polisie kom meestal skotvry daarvan af wanneer hulle gewone mense dood skiet vir iets so eenvoudig as te stadig of te vinnig uit ‘n motor klim. Die verregse gemeenskap is openlik met hulle haat teenoor enige iemand wat anders lyk as hulle.

Die Indiane

Amerika se oorspronklike inwoners Die Indiane is in Reservate gedwing nadat die Setlaars Amerika verower het. Tot so onlangs as 50 jaar gelede is die Indiane nie toegelaat om hulle tradisies en kultuur uit te leef nie en mag hulle ook nie die reservate sonder toestemming verlaat het nie.

Vreemde gebruike

Amerikaners is die enigste land wat nog meet met voete en myle.Tamatiesous is Ketchup. Hulle grootste vakansie is Thanksgiving en biltong is beef jerky. Amerika is ‘n vreemde plek.

Wêreld Leier

Amerika is die leier op verskeie vlakke – ekonomie, oorlogvoering, films, sport. Hulle word dikwels beskuldig van arrogansie, manipulasie en dat hulle enige land oorheers wat hulle probeer aanvat.

2 Comments

  1. scrapydo2.wordpress.com

    24 June 2022 at 12:25 pm

    Nou het jy n paar dinge hier genoem waarvan die klomp Amerikaners beslis nie gaan hou nie. My persoonlike ondervinding van hul is dat hul baie arrogant en luidrigtig kan wees. Die Indiane inperking is natuurlik erger as ons vorige tuisland gebiede.

    1. Amandaskrywer(Aduppie)

      6 July 2022 at 6:49 pm

      Netso en hulle hou daarvan om te preek vir almal. Vreemde spul.

Leave a comment - Please no racism, hate speech or explicit language. Thank you

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.