Eenvoudige ontbyt met skop

0
(0)

RESEP DEUR

Amanda

OPMERKINGS

Voedsaam en maklik om te maak

Eenvoudige ontbyt met skop

Eenvoudige ontbyt met skop

Weeksdae eet ek meestal ’n eenvoudige ontbyt met skop. Dis iets wat ek by my Ma geleer het. Sy eet soggens ’n ligte tog voedsame ontbyt wat hou tot teetyd. So hier is my baie eenvoudige ontbyt.

Bestanddele:

  • 1 vrug van jou keuse – vir my werk ’n appel of piesang die beste
    (’n Appel ’n dag hou die Dokter op sy plek)
  • 2 eetlepels hawermout (oats)
  • Knypie sout
  • Bietjie melk
  • Mikrogolf pot om die hawermout in gaar te maak.
  • Rooibostee
  • Heuning

Metode:

  • Tee – Kook die ketel terwyl jy gou jou bed opmaak. Sit ’n rooibostee sakkie in die koppie en gooi die kookwater bo-op. Laat trek terwyl jy die hawermout maak. Hawermout – Gooi 2 eetlepels hawermout in die mikrogolf kastrol. Gooi ongeveer 60 ml oor die hawermout. Mikrogolf vir 1.30 minute op hoog.
  • Nou moet jy kophou soos ’n dronk weeluis.
  • Staan by die mikrogolf want hawermout hou van oorkook. Sodra die hawermout by die bokant van die potjie kom, moet jy die deur van die mikrogolf oopmaak en die mengsel ’n roer of twee gee. Jy sal dit so 2-3 keer moet doen voor die tyd verstreke is.
  • Daarna haal jy die potjie uit die mikrogolf en gooi so 2 eetlepels melk by en ook ’n paar korrels sout. Sit terug in die mikrogolf vir nog 10 sekondes. Gooi dit in die ramekin bakkie en gooi bietjie heuning of bruinsuiker oor.
  • Wenke:
  • Let asb. op na die millimeters en gramme in die resep. Dit kan die verskil tussen sukses of flater wees.
  • Maak van elke ete ’n geleentheid al is jou ete ook eenvoudig. Moenie loop en eet nie. Dek ’n tafel of ’n skinkbord. Drink jou tee uit ’n mooi koppie en piering en eet uit ’n mooi bord of bakkie. Die hawermout eet ek uit ’n ramekin bakkie. Dis net groot genoeg vir die ontbyt porsie en lyk mooi.
  • Die koppie en piering het ek by Checkers gekoop. Is dit nie te mooi nie? Mens se dag begin sommer op ’n vrolike noot. Die rooi mikrogolf potjie is ook by die mint groen winkel gekoop.

Resepte word ‘n telling uit 5 kersies gegee – 1 is swak, 3 is gemiddeld en 5 is tops

KERSIES

5/5

OPMERKINGS

Eenvoudig en gou om te maak

Reis verder:

  • Kosreise met resepte en kos stories
  • Die Naguil is ‘n gratis aanlyn koerant wat maandeliks op die webblad verskyn.
  • Stories – reis stories, trein stories, kos stories, polisie stories, kombuis stories
  • Begin jou eie webblad met WordPress
  • We also publish original articles, stories and opinions in English

How useful was this post?

Click on a star to rate it!

Average rating 0 / 5. Vote count: 0

No votes so far! Be the first to rate this post.

We are sorry that this post was not useful for you!

Let us improve this post!

Tell us how we can improve this post?


Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Leave a comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading