Van vol nes na leë nes

0
(0)
teetyd kuiers

Welkom by Teetyd kuiers. Ontspan lekker met ‘n koppie tee en gesels saam

Van vol nes na leë nes

Van vol nes na leë nes. Jonk getroud – net 20 jaar oud. Al het ek gedink ek was vreeslik groot. Kinders het gevolg en troetel diere. Soveel lewende wesens in een huis. Met tye het die 3 slaapkamer huis te klein gevoel.

Die dae het te kort gevoel

Ses uur soggens het ek opgestaan, kinders by die skool gekry. Diere kos gegee. Huis aan die kant gemaak. Buitemuurse aktiwiteite. Saans 8 uur was ek uitgeput. Daar was soveel dinge om te doen en hopeloos te min tyd. Ek was ‘n enkel Ma van 28 jaar af so my huishouding was om die minste te sê besig en chaoties. Daar was nie veel tyd om te dink oor die lewe na die kinders die huis verlaat nie – ek moes bid dat ek die storms sou oorleef. Oorweldig deur al die verantwoordelikhede.

Van vol nes na leë nes.

In wat voel soos ‘n oogwink was die huis leeg. Die kinders is uit die huis en sedert 2022 is ek ook sonder troetel diere. My huis is stil en rustig. Ek kan myself hoor asem haal, eet wat en wanneer ek wil en op die bank lê en stories kyk sonder iemand wat my pla. Hoe het ek als oorleef wonder ek met tye.

Skuldgevoelens het my bekruip wanneer ek in stilte ‘n koppie tee sou drink of ‘n Magnum roomys eet. Tot ek op ‘n dag besef het dat die leë nes ‘n geskenk was na die jare van opofferinge.

You are cordially invited to the After Party…because Mom is not your only name.” ― Kate Battistelli, The After Party of the Empty Nest: Mom is Not Your Only Name

Ek het stadig uit my dop gekruip en my eie identiteit geskep. Voorheen was ek en die kinders ‘n eenheid en nou is ek net een. Tyd om weer myself te ontdek. My skuldgevoelens te begrawe, my klein kinders te geniet, kook kursusse van ander lande te doen. Boeke te lees en weer te skryf. In die 15+ jare wat ek in my leë nes sit het ek my huis opgeknap met my eie twee hande, begin tuin maak, legkaarte bou en ‘n liefde vir geskiedenis ontdek. Elke dag is ‘n uitdaging en ‘n vreugde. Die lewe is ‘n lied en ek sing in volle bors saam. Viva leë nes!

Kuier verder

  • Die Naguil is ‘n gratis aanlyn koerant wat maandeliks op die webblad verskyn.
  • Kosreise met resepte en kos stories
  • Stories – reis stories, trein stories, kos stories, polisie stories, kombuis stories
  • Bou jou eie webblad met WordPress
  • We also publish original articles, stories and opinions in English

How useful was this post?

Click on a star to rate it!

Average rating 0 / 5. Vote count: 0

No votes so far! Be the first to rate this post.

We are sorry that this post was not useful for you!

Let us improve this post!

Tell us how we can improve this post?


Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Leave a comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading

Amanda Skrywer is now on Facebook and Goodreads