Die Prinses van Despatch

0
(0)
Die Prinses van Despatch

Die Prinses van Despatch vier hierdie jaar 70 jaar op die Britse Troon. Koningin Elizabeth is in ‘n liga van haar eie. Sy is 95 jaar gelede gebore en vier hierdie jaar ‘n groot mylpaal deurdat sy die enigste Monarch van Brittanje is wat 70 jaar regeer. Vyf en sewentig jaar gelede was sy Prinses Elizabeth.

Die Prinses van Despatch

In 1947 het die Britse Koningsgesin deur Suid Afrika getoer. Prinses Elizabeth en haar suster Prinses Margaret het haar ouers Koning George en sy vrou Koningin Elizabeth vergesel. Die familie het per boot na Suid Afrika gereis en verskeie plekke besoek. Die opwinding was groot onder die mense. Mense was veral gretig om die jong Kroonprinses Elizabeth te sien en hopenlik te ontmoet. My Ma was 10 jaar oud.

Ouma Renda onthou

Ons was baie opgewonde. Die foto’s van Prinses Elizabeth en haar suster Prinses Margaret het ons laat vergeet van die jare van oorlog. Prinses Elizabeth het 21 jaar oud in Suid Afrika geword. Die koerante het vertel dat die Koningsgesin per trein deur dele van die land sou ry en ons was op die roete. Dit was al waaroor ons by die skool gepraat het. ‘n regte Prinses gaan per trein deur ons dorp ry. Uiteindellik het die dag aangebreek en die mense het langs die treinspore stelling ingeneem. Ons was aangetrek in ons kerkklere en het vooraf geleer hoe om te buig. Vir ons jonges was Prinses Elizabeth die ikoon van ons tyd. Ons hele gesin het die trein ingewag.

Die trein is oppad

Uiteindellik sien ons die trein in die verte. Ons het almal vlaggies en ons waai en glimlag van oor tot oor. Ons eie Prinses – eintlik twee van hulle maar Prinses Elizabeth is die groot aantrekkingskrag. Die wit trein ry stadig en dan sien ons hulle. Die Prinsesse waai stemmig. Ons gee sulke diep buigings. Waar is die Koningsgesin se krone dan? En waar is die grênd klere wat tot by hulle voete hang.? Terwyl die trein stadig weg ry van ons af draai ek teleurgesteld na my Ma toe: “Hulle lyk dan soos gewone mense”.

Nabetragting

Dit is ‘n oomblik wat my altyd sal bybly. Meeste van ons was arm na die oorlog en ons het saam met ons ouers hard gewerk en bitter swaar gekry, maar vir ‘n paar minute was ons deel van ‘n sprokie – net jammer oor die krone

How useful was this post?

Click on a star to rate it!

Average rating 0 / 5. Vote count: 0

No votes so far! Be the first to rate this post.

We are sorry that this post was not useful for you!

Let us improve this post!

Tell us how we can improve this post?


Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

No racism, hate speech, explicit language.

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading