Die familie van misdadigers

Die familie van misdadigers is meestal op die agtergrond uit vrees vir vergelding. Verwerp en veroordeel deur die gemeenskap. Hierdie families moet met die ontnugtering en skaamte leef dat hulle familie lid ‘n misdaad gepleeg het.
Die misdadiger
Agter elke misdadiger is daar ‘n familie. Dikwels ouers, broers en susters. Baie kere word die ouers of ander familielede se werksplekke en woonadresse op sosiale media versprei. Dikwels verskuif die klem van die misdadiger na die familie van die misdadiger.
Veroordeling
Daar is min simpatie of empatie vir die familie van die misdadiger en dikwels is dit die ouers en in besonder die Ma wat dit moet ongeld. “Watter tipe opvoeding het die gemors gekry?” “Dis die Ma se skuld. Het julle gesien hoe onversorg haar naels is?” “My Tannie se seun wat naby hulle woon vertel die Ouers is net so sleg. Papvrot”. Indien enige familielid probeer om hulleself te verdedig word hulle summier afgemaak as net so skuldig soos die misdadiger.
Die tronk sonder tralies
Die familie onttrek hulle dan van die samelewing. Skielik is hulle vriendekring dramaties kleiner. Weens die publieke uitstorting van haat teenoor hulle asook die misdadiger se dade word hierdie onskuldige familielede lewenslank na ‘n tronk sonder tralies gevonnis.
My seun is in die tronk
Dit was die woorde van ‘n Ma tydens ‘n selgroep aand waar ons gebedsversoeke moes indien. Die skok op die mense se gesigte was verstaanbaar. Die vrae waarmee hierdie Ma geteister is was egter skokkend en ongevraagd. “Wat het hy gedoen? Die Ma se antwoord: “Hy het ‘n meisie verkrag een aand na ‘n nagklub partytjie” Het julle hom dan nie geleer dis verkeerd nie? Hy moes dit tog by iemand gesien het. Het jou man of broer dit ook gedoen? So ‘n gemors. Hy moet die doodstraf kry”.
‘n Stukkende verwerpte familie
En so het die vrae net aangehou en aangehou totdat hierdie stukkende Ma by die huis uitgehardloop het. Ek is agterna en het probeer om haar ‘n drukkie te gee. Sy het egter in haar motor gespring. Sy het nooit weer teruggekeer selgroep toe nie. Ek het ‘n paar dae na die voorval na haar huis toe gery en haar vertel hoe jammer ek is dat dinge so lelik geraak het. Sy het na my toe gedraai en gesê: “Ek het gedink ek sou ‘n veilige hawe by die selgroep vind waar ek en my familie ondersteun kon word. Ek was verkeerd. Ek en my familie staan alleen en ons is nou ook tronk toe gestuur vir ‘n misdaad wat ons nie gepleeg het nie. Die verskil is net dat ons tronk nie tralies het nie”
Una
21 February 2022 at 8:27 pmAmanda, ek het hier kommentaar gelewer, maar sien dit nie?
Amandaskrywer(Aduppie)
23 February 2022 at 12:21 pmDankie dat jy my daarop gewys het. Ek het nagelaat om die kommentaar toe te laat van mense wat reeds een keer suksesvol was met kommentaar. Jammer
Una
21 February 2022 at 10:34 amEk dink so baie aan die families, Amanda. Daar is maar altyd ń kans dat die res van ons ook so iets ondenkbaar kan oorkom, en dan wat. Wat word van mens? Dit bly so oneindig hartseer.
Amandaskrywer(Aduppie)
23 February 2022 at 12:19 pmEk dink baie daaraan veral na die selgroep voorval. Al wat ons kan doen is bid dat ons nooit in so n situasie beland nie.