Naguil koerant uitgawe 7 van 2022
Naguil koerant uitgawe 7 van 2022 is hier.
Die Naguil is ‘n aanlyn koerant wat weekliks op Amandaskrywer gepubliseer word met Bertie die Naguil as gasheer . Die koerant laat jou weet van stories oor mense en boeke. Reageer op die blou skakel in die storie en dit sal jou neem na die oorspronklike.
Bertie aan die beurt
Goeie dag mense maats groot en klein. Hoop dit gaan goed met almal. Stap saam met my deur die boekewoud en ontdek nuwe leesstof.
Skrywers en Boeke
- Die Afrikaanse skryfgids is weer in boekvorm beskikbaar by Loot en Takealot
- Marita van der Vyver se nuutste artikel oor Swerfjaar vir Seniors is nou op Litnet om te geniet.
- Willem Pretorius Iewers êrens is ‘n besonderse boek en bevat 50 skilderye waarby skrywers elkeen ‘n 500 woord stuk geskryf het.
Stories oor plekke en sy mense
- Op Showmax is daar ‘n reeks Vermis met aanbieder Doreen Morris waar sy met vermiste mense se families gesels. Dit is fassinerend.
- ‘n Krokodil het vir 6 jaar lank ‘n buiteband om sy nek gehad en is uiteindellik vry daarvan nadat ‘n plaaslike inwoner hom uit die water gelok het. Veilig op land is die buiteband toe van sy nek afgesny en nou is hy weer ‘n gelukkige krokodil.
- Moenie van Sterre en Planete vergeet nie. Elke Sondagaand om 19.30.
Engelse stories
Hierdie week se Engelse storie op ons suster webblad Let’s make teahandel oor mans en vroue base: Female bosses vs male bosses
Stof tot nadenke
1 Johannes 4:19 – Ons is lief vir mekaar omdat hy ons eerste liefgehad het.
Roep,roep my storie is uit
So kom ons dan aan die einde van nog ‘n naguil Hoop julle het die uitgawe geniet. Tot volgende week. Mooi loop.
Groetnis vanuit die woud
Bertie
xxx
P.S. Julle is welkom om julle bydraes van mense, plekke in te stuur vir oorweging of sommer net saam te gesels. Rig julle skrywes aan Bertie.
Leave a comment - Please no racism, hate speech or explicit language. Thank you