Die kwessie van name

Welkom by Teetyd kuiers. Ontspan lekker met ‘n koppie tee en gesels saam
Die kwessie van name

Die kwessie van name is ‘n netelige okkasie. In die ou jare was dit relatief maklik en ietwat vervelig. Johanna Sofia Boshoff, Hendrik, Jakobus, Johannes Snyman. Familie name wat al geslagte aankom. En moenie vergeet van al die juniors nie soos Johannes Pieter Junior.
In my familie het die meisiekinders net een naam gekry en die seuns ten minste twee. My Pa was die uitsondering. Hy het 4 name gekry Petrus Johannes Jakobus Stefanus. ‘n Mondvol.
Dinge is egterr nou baie anders. Terwyl familie name wel nog gebruik word, is daar ‘n tendens om vreemde name uit te dink. So het ‘n Hollywood aktrise haar dogter Appel genoem. Dit het my laat kraai van die lag. Verbeel jou die konsternasie wanneer Appel (die kind) vra vir ‘n appel om te eet… Elon Musk het sy kind X geregisteer. Dalk vernoem na Twitter wat ook nou X heet? Vreemd. Bekendes hou daarvan om hulle spruite vreemde name te gee. Behoede my.
Die kwessie van name
Alhoewel ek ‘n doodgewone naam gekry het, het my nooiensvan vir groot konsternasie gesorg. My nooiensvan is Spies. Ek is op skool Spice mice, Spies oksied (weetenskap klas) genoem. Selfs as ‘n volwassene het my van gesorg vir komieklike oomblikke. So is ek by binnelandse sake gevra of ek ‘n Spy is en ‘n ander keer is ek deur ‘n Zoeloe man gevra wat ek met spiese (spears) maak.Verlore in kommunikasie.
‘n Naam word gekies
Sommige mense kry hulle name uit die Bybel of word vernoem na dorpe of lande, gunsteling karakters uit rolprente of ‘n samestelling van Pa en Ma se naam. Dis alles goed en wel. Behoede egter die arme kinders wat moet swaar dra aan ‘n naam wat hom of haar verneder of bespot. So is daar kinders wat rondloop met name soos Grass, Kombers, Almond, Stone, Moon, Cricket, Fifi. Behoede my!
Kuier verder
- Die Naguil is ‘n gratis aanlyn koerant wat maandeliks op die webblad verskyn.
- We also publish original articles, stories and opinions in English
- Kosreise met resepte en kos stories
- Stories – reis stories, trein stories, kos stories, polisie stories, kombuis stories
Discover more from Amanda Skrywer
Subscribe to get the latest posts sent to your email.
No racism, hate speech, explicit language.