Ek ontmoet sushi

Ek ontmoet sushi

KOS STORIE
Ek ontmoet Sushi. My eerste kennismaking met Sushi was ietwat onverwags. Ek het grootgeword met rys, vleis, aartappels, groente, vrugte en brood. Wegneemetes was nog nie baie gewild in my dorp nie en mense het meestal by die plaaslike hotel gaan eet. Hamburgers, vis en tjips en geroosterde toebroodjies was meestal die som totaal van wegneemetes.
Dit was eintlik eers na skool wat daar meer verskillende opsies beskikbaar was. Mettertyd het pizzas hulle opwagting gemaak en vele ander.
En toe land Sushi in die Kaap aan. Dit het maar vir my ietwat volksvreemd gelyk. Ek het dit bekyk en gewonder hoe dit proe want sien ek hou baie van rys en sushi se hoofbestanddeel is mos rys. My dogter was die eerste verkenner van sushi saam met haar vriende. Sy het my oortuig dat dit eintlik nogal lekker is. Op daardie stadium was daar nog net een plek in my dorp waar sushi verkoop is en net op sekere dae en tye.
Dit het fyn beplanning gekos om sushi te bekom want daardie 1 winkel was 7 kilometer van ons huis af.
Heel onverwags een middag kom my dogter toe met ’n bord sushi by die huis aan. Ek het die rys happies een kyk gegee en dapper die hout stokkies nader getrek. My eerste kennismaking met Sushi was ’n vreemde smaak – iets waaraan ek nie gewoond was nie, maar ek was na die eerste happie versot daarop. Dis nou ’n hele paar jaar later en daar is nou baie sushi restaurante in my dorp wat heeldag en aldag oop is. Dit is ’n lekkerny waarmee ek myself so een keer ’n maand mee bederf. My gunsteling is salmon roses – ongelukkig is hulle ook die duurste. Ek eet hulle stadig en geniet elke happie.
Reis verder
- Die Naguil is ‘n gratis aanlyn koerant wat maandeliks op die webblad verskyn.
- We also publish original articles, stories and opinions in English
- Kosreise met resepte en kos stories
- Stories – reis stories, trein stories, kos stories, polisie stories, kombuis stories
Discover more from Amanda Skrywer
Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Stories Uit My Wêreld
21 February 2025 at 8:58 amNou praat jy. Ek en vroulief is ook mal oor sushi, maar kleindogter oortref almal. Sy sal tot sushi vir ontbyt eet!!!
Amandaskrywer
23 February 2025 at 7:09 pmHaha ja sushi is ‘n lekkerny wat nou deel van ons lewe is. Yummy