Daar is soveel ellende rondom ons

Daar is soveel ellende rondom ons en soms kan dit voel of dit mens wil oorweldig. Vier lande is in oorlog met mekaar gewikkel en nog 3 lande dink oorlog is die oplossing vir hulle probleme, Daar is steeds gyselaars in Gaza se tonnels en natuurrampe soos die vernietigende brande in Californie en die vloede in Japan. Elke dag is daar iemand wat iewers ‘n helpende hand nodig het. Daar is baie organisasies wat hulp verleen en meeste doen wonderlike werk onder moeilike omstandighede.
Daar is soveel ellende rondom ons
Hier op die tuisfront het my buurvrou ‘n ernstige hartaanval gehad, my ma het haar heup gebreeek en het nog baie hulp nodig. ‘n Vriendin van 62 is die versorger vir haar onvergenoegde man na ‘n bakteriese infeksie wat hom verlam gelaat het. So gaan die lys aan. Ek probeer orals help, maar ek is net een mens. Dis oorweldigend. My buurvrou se familie bly nie naby nie. Tussen my en die ander bure probeer ons na buurvrou omsien soveel ons kan met die beperkte tyd tot almal se beskikking. Whatsupp help met aanmoediging en bemoediging. Niks kom egter by persoonlike aanraking nie. ‘n Drukkie of tuisgebakte stukkie appeltert.
Na ‘n uitputtende klompie weke vertel my lyf my dat ek nie super menslik is nie
Verskeur tussen mede menslikheid, ‘n behoefte om ander te help en my eie behoeftes en gesondheid. Waar trek mens die streep? Hoe balanseer mens alles? Dan praat ons nie eers van onverwagte familie krisisse wat elke nou en dan opduik en opgelos moet word nie. Hoekom voel ek dan so skuldig wanneer ek ‘n uur vir myself vat? Dit herlaai my batterye en gee weer krag en moed om verder bystand te verleen. Geen radio of televisie nie. God en die stilte. Tyd om aan te gaan.
Kuier verder
- Die Naguil is ‘n gratis aanlyn koerant wat maandeliks op die webblad verskyn.
- We also publish original articles, stories and opinions in English
- Kosreise is ‘n webblad met resepte en reis stories
Discover more from Amanda Skrywer
Subscribe to get the latest posts sent to your email.
No racism, hate speech, explicit language.