Paasfees Kuierfees Reënfees

Rubriek

Hierdie is ‘n aktuele rubriek.

deur Amanda Spies du Plessis

Omtrent Rubrieke

Rubrieke is basies artikels waarin die skrywer sy of haar opinie met die lesers deel.

Tipes Rubrieke

Paasfees Kuierfees Reënfees is basies gesproke die hele Paasnaweek elke jaar in April. In geen spesifieke volgorde nie.

Paasfees vier die opstanding van Jesus nadat hy aan die kruis vir ons sondes gesterf het

1 TESSALONISENSE 4:14 (AFR83) – Ons glo immers dat Jesus gesterwe maar ook opgestaan het. Net so glo ons ook dat God saam met Jesus die ontslapenes wat in Hom geglo het, na Hom toe sal neem.

Vrydag en Sondag gaan Christen families saam kerk toe en sê dankie dat Jesus vir ons sondes aan die kruis gesterf het. Die dienste neem die vorm van dankseggingsdienste aan en tereg so.

Kuierfees is die kuier saam met vriende en familie tydens Paasnaweek

Elke jaar pak mense die lang pad aan om te gaan kuier vir die lang Paasnaweek. Baie gaan see toe vir die naweek terwyl ander by familie gaan kuier. Daar word gebraai en gekuier rondom ’n vuur terwyl ander groot etes in die kombuis aanmekaarslaan. Paaseiers word weggesteek wat baie vermaak vir die kleingoed verskaf – met seer magies agterna. Gedurende die Paasnaweek word daar feesgevier met baie kos en sjokolade asook warm paasbolletjies.

1 KORINTIËRS 6:14 (AFR83) – God het deur sy krag die Here uit die dood opgewek en so sal Hy ons ook opwek.

Reënfees maak die sluise van die hemel oop tydens Paasnaweek

Elke jaar reën dit tydens die lang Paasfees naweek. Dis asof dit ’n teken is wat van God kom om ons te herinner dat Sy enigste seun Jesus aan die kruis vir ons sondes gesterf het – die reën is simbolies.

JAKOBUS 5:7 (AFR83) – Wag dan geduldig, broers, totdat die Here kom. Let op hoe die boer wag vir die kosbare oes wat die land oplewer. Hy wag geduldig daarvoor totdat dit die vroeë en die laat reëns gekry het.

Die Paastyd is ’n gewyde tyd vir ek en my familie. Ons reis nêrens heen nie en verkies om tuis te bly en kerk toe te gaan of radio kerk  te luister. Ons het die voorreg gehad om 2 keer ’n Passiespel in Suid Africa by te woon wat ’n verrykende ervaring was.

Dankie Jesus dat U vir my sondes aan die kruis gesterf het en opgestaan het uit die dood.

Leave a comment - Please no racism, hate speech or explicit language. Thank you

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.