Debat vir en teen COVID entstof

0
(0)
Debat vir en teen COVID entstof

Debat vir en teen COVID entstof. Is dit enigsins nodig? Jou regte teenoor my regte. Reg en verkeerd. Is daar ‘n middeweg? Soveel vrae en net soveel antwoorde.

Daar was lanklaas soveel polemiek oor iets soos die pandemie wat ons in 2020 getref het. Skielik beteken medici en wetenskaplikes se jare navorsing oor pandemies, epidemies niks nie. Daar is die mense wat glad nie dink COVID is ‘n realiteit nie, ander wat die een na die ander verregaande storie opdis. Ander is angsbevange. Dan is daar ook diegene COVID as realiteit erken, versigtig is en die voorkoms maatreëls nakom. Oja en dan is daar ook diegene wat sogenaamde kenners is sonder ‘n papier of titel. Rusbank kenners.

My Opinie

Ek het geen mediese kennis nie. Ook nie papiere of titels nie. Ek lees baie. Ondersoek elke video of artikel wat na my toe aangestuur word. Ontleed albei kante. Ek was ‘n Polisie vrou – en is steeds ondersoekend van aard. My Polisie speurder kant kan mense soms teen die mure uitdryf. Jammer.

Terug na my opinie. Ek glo nie in sameswering teorieë nie. Ek gaan ook nie tandarts toe as my been gebreek is nie. Die mediese wêreld het vooruit gegaan in die afgelope 100 jaar of meer. Wetenskaplikes en medici wat spesialiseer in pandemies is die kenners. Hulle het die feite.

COVIDhttps://www.amandaskrywer.com/amanda-se-dagboek/ is ‘n realiteit. My Bevelvoerder in die Polisie is oorlede aan COVID. Familie van my het by die dood omgedraai. Steeds is daar egter familie lede en vriende wat niks van die entstof af wil weet nie. Ek moet hulle besluit respekteer al stem ek nie saam nie. Magteloos. Ek het albei inspuitings van die Phizer entstof ontvang. Behalwe vir ‘n seer arm vir ‘n halwe dag was daar geen ander newe effekte nie. En nee ek weet nie wat al die bestanddele in die entstof is nie. Net so weet ek ook nie wat die bestanddele in die brood is wat ek elke dag eet nie.

How useful was this post?

Click on a star to rate it!

Average rating 0 / 5. Vote count: 0

No votes so far! Be the first to rate this post.

We are sorry that this post was not useful for you!

Let us improve this post!

Tell us how we can improve this post?


Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

No racism, hate speech, explicit language.

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading