Corona dagboek Week 2
Corona dagboek WEEK 2: Sondag 22 Maart – Saterdag 28 Maart 2020
Sondag 22 Maart 2020
Ek het my Ma gebel en probeer om dit lig te hou met grappies en so meer. My Ma het vertel hoe sy elke nou en dan dink sy het ook nou die virus en dan gorrel sy sout water. Ek het haar vertel van die Tom and Jerry video wat die rondte doen waar die kat skrik toe ‘n meisie hoes en dan hardloop Tom badkamer kassie toe en dokter homself met al wat verkoue medisyne is. My Ma is 83 en kan nie whattsup werk nie. Ons het te lekker gelag.
VRESE
Net voor ek aflui het my Ma gesê dat sy vrede gemaak het daarmee dat sy ons nie weer sal sien nie, sy lees die koerante en kyk die nuus en sy sien die verwoesting wat die virus saai. My hart wou breek want dit het ook deur my gedagtes gegaan.
HANDE WAS
Ek vind dat ek meer hande was as voorheen en het besluit om hierdie komende week my huis lekker skoon te maak en te verfris. Ek kan net sowel my tyd tuis nuttig benut. Ek gaan stap soggens en saans met Millie en lees en skryf (goeie terapie)
DIE PRESIDENT
Mnr. Rhamaphosa sou ons vandag toegespreek het maar om 7 nm is aangekondig dat hy nog in vergaderings vasgevang is en nou eers die nasie Maandag sal toespreek. Dit klink gewigtig. ‘n verpligte lockdown lyk al meer na ‘n moontlikheid. Daar is nog geen nuwe syfers vandag bekend gemaak nie en dit laat mens wonder. 08:30 Die nuwe syfer vir infeksies is bekend gemaak en dis 274.
Maandag 23 Maart 2020
Dis ‘n nuwe week en ek skop die week af met die kleinkinders wat bietjie kom kuier. Ons weet nie vir hoe lank ons mekaar nog fisies sal kan sien nie. 19:30 Die President het ‘n nood toestand afgekondig en die land onder 21 dae lockdown gesit vanaf Donderdag. Ek persoonlik dink dis ‘n goeie ding en ek sal beslis my kant bring. Dis al manier hoe hierdie virus in sy spore gestuit kan word. Dit gaan woes in die wêreld en veral in Italië.
CHINA
Ten spyte van die antagonisme teenoor China dink ek hulle het ‘n fantastiese job gedoen deur hulle land se mense onder lockdown te sit en binne 2 maande was die virus onder beheer. China se hantering is ‘n inspirasie vir ander lande.
STAAN SAAM
Die totale mense in Suid Afrika wat positief getoets het staan nou op 402. Ek hou asem op maar ek het die idee dat hierdie wêreldwye pandemie ‘n goeie uitwerking op die mensdom gaan hê, Ons kry tyd om tot verhaal te kom en reg te maak waar ons die planeet en die mensdom gefaal het. Ek het baie wat ek in hierdie 3 weke van verpligte afsondering wil doen. Oja en die troue sal nou nie meer kan plaasvind nie. Voel jammer vir hulle.
Dinsdag 24 Maart 2020
Die winkels is besig soos wat almal rondskarrel om hulle dinge gedoen te kry. Dit voel half unreal. Ons drie kinders bel ons Ma daagliks. Dit kan nie maklik wees vir ‘n ou mensie wat nie hulle mense mag sien en drukkies mag gee nie. Ons probeer die gesprekke lig en vrolik hou.
PANIEK AANKOPE
Ek is nie ‘n “panic buyer” nie maar toe ek by die huis kom nadat ek ‘n paar goedjies gaan koop het, sien ek daar is 7 chocolates in my sak. Ek het ook ‘n koorspen gaan koop net vir ingeval ek ‘n koors kry. By die huis gekom het ek my koffie van vanoggend warm gemaak en toe ek dit uit die mikrogolf uithaal sien ek daar is ‘n stomende piesang as metgesel. Is ek besig om die kluts kwyt te raak?
Die totale infeksies vir Suid Afrika staan nou op 554
Woensdag 25 Maart 2020
Dit was ‘n dol dag. Ek het heen en weer gery om my dinge in orde te kry voor die lockdown en ek het my dood gesoek na Ponado stroop vir die kleintjies. Uiteindellik na 3 ure ‘n botteljie gekry. Daar is nog baie onsekerheid rondom wat jy mag en nie mag doen tydens die lockdown nie. Dis egter bevestig dat ons nie met ons honde mag stap nie. Arme Millie. Ek sal maar met haar om en om die huis stap. Die totale infeksies in Suid Afrika staan nou op 709. Dit begin klim.
Donderdag 26 Maart 2020
Die kleintjies het vandag vir die laaste keer by my kom kuier voor die lockdown vannnag 12 uur. Ons het koekies gebak, haar salon gespeel, en spesiale tyd saam deurgebring. Hulle verstaan nie mooi hierdie social distancing ding nie. Die kleinman het gehuil toe ek hulle aflaai. Ek weet nie waneer ek hulle weer gaan sien nie. Ek kan maar net hoop en bid dat ons nie so erg soos Italië getref sal word nie. Ons infeksies staan nou op 927 met geen sterfgevalle nie.
MY UITKYK PUNT
Ek het besluit om vir my ‘n tafel en ‘n stoel op die grasperk voor te sit dan kan ek bedags daar sit en koffie drink, ontbyt eet en die straat bekyk saam met Millie en sommer in die proses my vitamiene D aanvul. Klink vir my na ‘n wenplan.
Vrydag 27 Maart 2020 DAG 1 VAN LOCKDOWN
Ons het vandag by ‘n groot deel van die wêreld aangesluit toe ons lockdown van 21 dae begin het. Ek en Millie het elke nou en dan vorentoe gegaan, gestap in die tuin, koffie gedrink by my issolasie tafeltjie en die wêreld bekyk. Daar was beslis minder motors as voorheen en dit het gelyk of mense oor die algemeen gehoor gegee het aan die issolasie. Daar was een motor waar twee mense in was en een man wat in die straat afgestap het. Verder was dit rustig. Suid Afrika het nou 1170 bevestigde gevalle en 1 sterftes. Ek is rustig en voel veilig by my huis.
NUWE DINGE
Ek is uitgenooi om ‘n self verdedigings klas van Suid Afrikaner Warren Ho (Kendo champ) by te woon en ek het baie geleer en dit geniet. Tydens lockdown het ek iets nuuts geleer. Whoopy!
Saterdag 28 Maart 2020 DAG 2 VAN LOCKDOWN
Ek het darem vandag begin met iets. My kombuis is nou behoorlik geskrop en ontsmet. Mens kan mos nie heeldag rondsit en niks doen nie. Ons bevestigde gevalle staan nou op 1187 met 1 sterfgeval. Millie en ek het weer bietjie voor rondgeloop en die karre dopgehou (daar was maar min). Daar het ‘n man op sy fiets verby my huis gery en ek wou hom eers oor die vingers tik, gelukkig het ek nie want omtrent 20 minute later het hy weer verby gery met 2 brode in ‘n sakkie. Hy was dus winkel toe en dis mos wettig. Stadig met die oordeel Amanda.
FOP NUUS
Fop nuus en skelmstreke rakende die Corona virus is orals en ons moet versigtig wees en nie sommer enige ding glo en aanstuur nie. Daar is ‘n klompie gesaghebbende webblaaie wat nie fop nuus versprei nie.
- Die WHO (World Health Organisation)
- News 24 Corona virus Confirmed Cases South Africa
- Bing Corona Tracker
- http://www.health.gov.za
- https://www.gov.za/Coronavirus
A virus broke the world – die wêreld vasgevang in die virus.
Coronavirus klap Suid Afrika – Die virus vind sy pad na Suid Afrika
GESELS SAAM
Gaan na my Posbus bladsy
Los ‘n boodskap
Stuur ‘n e-pos
Teken in op my Nuusbrief en bly op datum
Besoek my Engelse webblad Let’s make tea vir nog meer artikels.
Leave a comment - Please no racism, hate speech or explicit language. Thank you