Corona dagboek week 16

corona dagboek week 16

Corona dagboek week 16: Son 28 Junie 2020 tot Sat 4 Julie 2020

Sondag 28 Junie 2020

S.A. Infeksies: 131 800 Sterftes: 2413

Ek het my eerste muis in my geen doodmaak kassie gevang. Die muis het ‘n paar weke gelede sy intrek in my kombuis geneem en ek is nou nie ‘n mens wat daarvan hou om diere dood te maak nie so ek skaf toe ‘n menslike kassie aan en siedaar vanoggend sit muis se kind binne die kassie vir my en kyk. Ek het hom by die ingang van die woud afgelaai so nou is ek en hy gelukkig.

DANKBAAR

  • Muis se kind is uit my huis uit.
  • Aanlyn kerk dienste
  • Stirfry hoender

Maandag 29 Junie 2020

S.A. Infeksies: 144 264 Sterftes: 2529

So het ek vandag met my nuwe DIY projek begin. Ek omskep my ingeboude kaste in ‘n instap klerekas. Die kaste is al lankal ‘n seer oog met rakke wat uitmekaar val so nou is die regte tyd om dit reg te maak en te verbeter.

DANKBAAR

  • Tuisgemaakte pasteitjies
  • Dankbaar vir my deursettingsvermoë
  • Slaapkouse

Dinsdag 30 Junie 2020

S.A. Infeksies: 151 209 Sterftes: 2657

So ry ek vandag na my Sielkundige toe en al langs die pad loop mense, vreeslik haastig. Die wêreld is besig om na ‘n nuwe normaal terug te keer al is dit met maskers en hand reinigers. Ek bly meestal tuis sover moontlik behalwe wanneer ek iets nodig het in die dorp.

DANKBAAR

  • Ou hout wat handig te pas kom
  • Milo so uit die blik uit
  • Appels, als met appels

Woensdag 1 Julie 2020

S.A. Infeksies: 159 333 Sterftes: 2749

Ek besef net elke dag meer en meer dat ek na myself moet omsien veral in hierdie pandemie tydperk. Daar is ongelukkig mense wat nie hierdie ding ernstig opneem nie en roekeloos daarmee te werk gaan en daardeur ander mense insluitend hulle eie familie se lewens in gevaar stel.

DANKBAAR

  • Enige iets met sjokolade
  • ‘n Vis potjie
  • Dankie dat ek ‘n mediese fonds het

Donderdag 2 Julie 2020

S.A. Infeksies: 168 061 Sterftes: 2844

Ek kan voel ek is nie meer 20 nie. Hierdie 50+ lyf is doodmoeg na ‘n dag se harde werk. Die gebeendere klim nie meer so vinnig op en af op die leer nie dis verseker.

DANKBAAR

  • Skilpadjies – lewer in netvet – oe dis lekker
  • Matcha tee
  • Dankbaar God is in my lewe

Vrydag 3 Julie 2020

S.A. Infeksies: 177 124 Sterftes: 2952

Ek kan amper nie glo dit is veronderstel om winter te wees nie – bedags loop ek kaal arms rond dis net saans wat daar ‘n koelerigheid in die lug is. Die lewe is ‘n lied – soms hartseer, soms vrolik maar altyd met ‘n lag en ‘n traan en woorde wat mens iets wil vertel. Sing lekker saam

DANKBAAR

  • M and M’s – ek ryg hulle die een na die ander in
  • Pleisters – dit help vir snye op hande en voete
  • Macaroni en Kaas

Saterdag 4 Julie 2020

S.A. Infeksies: 187 977 Sterftes: 3026

Hierdie is my laaste daaglikse dagboek inskrywing in Corona tyd. Dis duidelik dat COVID 19 nog ‘n ruk lank saam met ons gaan wees en soos ons lewens hervat en weer ietwat na normaal terug keer, het ek besluit om bietjie af te skaal met die daaglikse dagboek. Dis darem nie die einde van my skryfwerk nie. Kyk uit vir al die nuwe artikels en stories. Kyk mooi na julleself en julle geliefdes en laat hoor van julle. Ek sal steeds elke nou en dan ‘n spesiale inskrywing maak in hierdie deurmekaar tyd.

DANKBAAR

  • Die liedjie Amanda van Don Williams wat my altyd spesiaal laat voel
  • Milky bar sjokolade
  • Warm melk voor slaaptyd

Dankie vir al my lesers en ondersteuners

Gesels saam

  • Gaan na my Posbus bladsy
  • Los ‘n boodskap
  • Stuur ‘n e-pos
  • Teken in op my Nuusbrief en bly op datum
  • Besoek my Engelse webblad Let’s make tea vir nog meer artikels.

Leave a comment - Please no racism, hate speech or explicit language. Thank you

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.