Bord speletjies

0
(0)
teetyd kuiers

Welkom by Teetyd kuiers. Ontspan lekker met ‘n koppie tee en gesels saam

Bord speletjies

bord speletjies

Bord speletjies. Wat is lekkerder as bord speletjies saam met vriende en familie? Tyd vir teetyd kuiers en vandag gesels ons oor bord speletjies. So skuif nader en geniet die kuier.

Cluedo, skaak, slangetjies en leertjies, monopoly, bingo om net ‘n paar te noem. My Ma vertel graag hoe hulle as kinders kaart gespeel het op ‘n Saterdag aand.

Ons het bord speletjies en kaart gespeel.

Ek weet nie van julle nie maar naweke en skoolvakansies het ons gekuier rondom speletjies. Dit was voor die koms van die Internet. Ons kon onsself ure lank vermaak deur Monopoly te speel. Soms sou ons selfs die volgende dag voortgaan. Rustyd neem vir ete. Die radio het in die agtergrond gespeel. Top 20 en Afrikaanse treffers. Pick up sticks en Scrabble was ook gewild onder ons.

Dis die jaar 2024 en ons speel steeds

Kersfeestyd is veral steeds gewild vir speletjies. By die strand met die vuur wat brand en ‘n glasie gemmer brandewyn in die hand. Deesdae speel ons meer kaarte en meer spesifiek UNO. Thirty seconds is ook dikwels op die lys. Elke nou en dan maak iemand ‘n nuwe reël of twee op gevolg met ‘n vurige protes van die ander. Na ete is die vrede herstel en speel ons verder – poeding in die hand. Speletjies bly deel van ons kuier saam.

Speletjies en die nuwe geslag

Ek het met my kleinkinders begin slangetjies en leertjies speel toe hulle skaars 3 jaar oud was. Stadigaan begin ek hulle blootstel aan ander bord speletjies. Hulle is nog te jonk vir Monolopy en kan nie so lank stil sit nie. In my soektog na bekostigbare en ouderdom gepaste speletjies het ek ‘n 50 pak bord speletjies raakgeloop en dis vet pret. Dit help ook om hulle weg te kry van die elektroniese goeters.

Kuier verder

  • Die Naguil is ‘n gratis aanlyn koerant wat maandeliks op die webblad verskyn.
  • We also publish original articles, stories and opinions in English
  • Kosreise is ‘n webblad met resepte en reis stories

How useful was this post?

Click on a star to rate it!

Average rating 0 / 5. Vote count: 0

No votes so far! Be the first to rate this post.

We are sorry that this post was not useful for you!

Let us improve this post!

Tell us how we can improve this post?


Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

No racism, hate speech, explicit language.

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading