Naguil koerant 9 van 2024
Welkom by die Naguil koerant 9 van 2024. Die lente het sy intrek geneem met pragtige blomme en vars groen blare en die begin van vrugte wat vorm aan die vrugte bome. Lente vernuwe mens en maak jou sommer lus om op te staan en tussen die mooi rond te loop. Die lente is goed vir jou gemoed en gee mens sommer moed om die lewe met oop arms aan te pak. Geniet die seisoen van kleur.
Elke maand kyk ons dieper na ‘n skrywer- bekend of onbekend
Madelein Rust
Haar debuutroman, Die 13de kaart, was ’n onvergeetlike oomblik as nuwe skrywer.
Die roman is vir ’n Woordveertjie benoem. “Dit was byna asof dit my drang om te skryf, onderstreep het en ’n punt daaragter geplaas het,”
Madelein het in Bloemfontein groot geword met die skool biblioteek as haar beste vriend. Sy het reeds op skool uitgeblink in haar skryf van opstelle.
“Ek was geamuseerd en baie beïndruk toe ek uitvind daar is van my lesers in Bloemfontein wat soms na plekke toe ry wat ek in my boeke beskryf met die uitsluitlike doel om te gaan kyk of die plekke werklik bestaan.”
Frank Sinatra het geen bekendstelling nodig nie. Sy stem is net so legendaries as sy mooi blou oë. Sit terug, luister en kyk na Frank in Maddison square garden (1974). I did it MY WAY
Klassieke musiek val nie in almal se smaak nie en tydens ‘n uitvoering het ‘n ongewone ding gebeur. ‘n Kind in die gehoor het ‘n uitsonderlike ding gedoen wat almal na hulle asem laat snak het. Pragtige storie
- Die Polisie Minister van Brittanje het deel van die land se groeiende misdaad statistieke geword tydens ‘n konferensie oor diefstal. Sy was die gasspreker. Oops!
- Waarvoor is die rooi kolletjie op ‘n los toringkie? Ek het nou iets waardevols geleer.
- ‘n Man het sy Oupa en Ouma se troukoek in ‘n hoede boks ontdek en dis nog nooit aangesny nie
- Lewensgrootte menslike kunswerke gehekel deur ‘n kunstenaar in Finland het mense aan die praat
Honde wil mos ook lekker ruik so Dolce en Cabbanna het hulle peperduur honde parfuum bekend gestel
Babas kan tog so dierbaar en kostelik wees en ene met brille wat Boom chikka boom doen steel harte.
Tuin praaitjies is n nuwe byvoeging tot die Naguil koerant waar ons gesels oor plante en blomme, mooi tuine van regoor die wêreld.
- Het jy al ooit van ‘n tamatie boom gehoor? Dis ‘n tropiese boom wat in ‘n pot binneshuis gegroei kan word.
- Tanya Visser wys ons hoe om verskillende plante saam te plant want plante hou ook van vriende
Louwtjie Barnard – ‘n Hart verwerp
Prof. Chris Barnard was ‘n kenner van harte en het ‘n ikoon geword nadat hy die eerste suksesvolle hart oorgeplant het. Sy vrou Louwtjjie was aan sy sy as jong student en Dokter en het sy kinders grootgemaak. Nadat Prof. Chris bekendheid verwerf het, het hy Louwtjie gelos vir ‘n ander vrou en Louwtjie se hart was stukkend. Verwyte is heen en weer geslinger. Bitterheid en hartseer. Haar boek ‘n Hart verwerp vertel haar kant van die seer. Dis ‘n emosie belaaide boek van ‘n vrou wat in haar liefde verlaat is. Hulle het later vrede gemaak en vriende geword wat dikwels saam tee gedrink het.
Bessie se hangkas biblioteek deur Madelein Rust
Bessie Botha, deesdae weduwee Botha, woon saam met haar broer, Willem, op ‘n kleinhoewe buite Bloemfontein. 1974 was tot dusver nie ‘n goeie jaar nie, en om alles te kroon is oorlede Stefaans se welgestelde broer en sy jong neus-in-die-lug vrou op pad om te kom kuier. Bessie ontferm haar oor al wat kind en dier is in die gemeenskap.
Kosreise vervang die die vinnige resepte in die Naguil koerant. Kosreise is n nuwe webblad uit die pen van Amanda met resepte, kosstories, treinstories en kosstories van Suid Afrika na verskeie ander lande. Ons maak fynproewer kos in ons eie kombuise en leer nuwe resepte en idees.
- 2000 jaar gelede was ‘n heuning koek gewild. In 2024 word hy weer gebak. Is dit ‘n wen resep?
- Gevlegde brood lyk altyd so kunstig en amper te mooi om te eet. Ons leer hoe om dit te maak.
- Een pot pasta is beroemd gemaak deur die kos ikoon Martha Stewart. Dis maklik en vinnig om self te maak en dis lekker.
- Restaurante moet vinnig werk om kos op die tafel te kry. Dit beteken hulle het baie nuttige wenke soos hierdie geheime wat deur ‘n restaurant werker verklap word
Therefore, as we have opportunity, let us do good to all people, especially to those who belong to the family of believers. Galatians 6:10
Michael Franzese was ‘n senior lid van die Mafia. Hy was in gereelde botsings met die gereg en oppad om sy eie lewe te vernietig met sy misdadige lewe. Op ‘n dag het hy ‘n vrou ontmoet wat hom aan God bekend gestel het. Dit het sy lewe vir altyd verander
Daar is baie potensiële skrywers daarbuite wat ’n hupstoot nodig het sodat hulle drome kan vlerke kry.
- Afrifiksie – vir skrywers van wetenskap fiksie
- Vryskutskrywer – hulp vir opkomende en gevestigde skrywers
- Litnet – artikels, skryf hulp
- Skryfgeheime – skryf kursusse
- ANFASA – Ondersteuning nie fiksie
- Versindaba – Ondersteuning vir digters
- ROSA – roman skrywers SA
- Afrifiksie – wetenskapfiksie en fantasie in Afrikaans
- Publishers Association of South Africa PASA
- Self publish SA – self publikasie
Sela boeke – hulp en ondersteuning self publikasie
Groep7 drukkers – self publikasie
NS. Skrywershuis – self publikasie - Celia van Niekerk – illustreerder
Dianne Shearer – kinder boeke illustreerder
Die Naguil koerant is ‘n aanlyn koerant wat maandeliks gratis op die webblad verskyn. Kliek op die blou skakel in die storie en dit sal jou neem na die oorspronklike storie.
Leave a comment - Please no racism, hate speech or explicit language. Thank you